Categories: Insurance, News, Resource managementPublished On: 17th February 2015

Hael: Beskerm jouself betyds

By 2 min read
488 words

Elke boer weet: ’n droomoes kan binne minute deur ’n hailstorm platgeslaan word tot ’n blote massa stingels en stoppels wat in die modder lê – maande se arbeid en derduisende rande se insetkoste tot niet.
 
In so ’n ongelukkige geval is die boer se enigste troos en redding die haeldekking wat hy betyds by Santam uitgeneem het.
 
Ongelukkig gebeur dit gereeld dat boere skade ly bloot omdat hulle nie vroegtydig haelversekering uitgeneem het nie.
 
Hael kom so onverwags en kan so vernietigend wees dat die wyse boer sy haelversekeringpremie as ’n noodsaaklike deel van sy insetkoste beskou en sy haelversekering reeds uitneem sodra hy weet hoeveel hektaar hy gaan plant.
 
So lank as wat daar ’n plant bo die grond is, is haelskade moontlik. Daarom beklemtoon Schalk Schultz, bestuurder, Besigheidsontwikkeling van Oesversekering by Santam Landbou, die belangrikheid daarvan dat boere hulle haelversekering elke jaar betyds moet uitneem om te verseker dat daar dekking is vir die volle tyd-perk vandat die plante bo die grond verskyn totdat die oes ingesamel is.
 
Die tydperk van dekking het geen invloed op die prys van haelversekering nie. Die boer betaal ’n eenmalige premie gegrond op die waarde van die oes, ongeag of die dekking oor ’n tydperk van drie maande of drie weke gaan strek. Dit is dus sinvol om die langste moontlike tydperk van dekking te geniet vir elke rand wat aan oesversekeringspremies bestee word. Om daardie gemoedsrus te bekom, behoort die boer sy haelversekering so vroeg as moontlik uit te neem – selfs voordat hy begin plant, want ons weet tydens planttyd is die boer te besig met aanvoor, kalibreer, saad en kunsmis aanry en trekkers en planters aan die loop hou om hom nog oor versekering ook te bekommer.
 
Schalk wys daarop dat daar ’n wagtyd van sewe dae is vandat die haelversekeringspolis uitgeneem word totdat die dekking in werking tree. ’n Mens kan dus nie talm en dan ewe skielik haelversekering wil uitneem sodra die weer eers dreigend lyk of die weervoorspellers sê dat daar hael aan die kom is nie.
Die rede vir hierdie wagtyd is om onnodige tariefstygings te verhoed en om haelversekering so bekostigbaar moontlik vir almal te hou.
 
As ’n boer betyds haelversekering uitneem, selfs nog voordat hy geplant het, en hy kan om een of ander rede nie plant nie of hy plant meer of minder hektaar as wat hy beplan het en waarvoor hy versekering uitgeneem het, sal Santam Landbou se personeel die lande kom besoek en die polis kosteloos wysig om vir die werklike omstandighede voorsiening te maak.
 
Ter wille van beskerming behoort oesversekering ’n item op elke boerdery se begroting te wees. Praat dus vandag nog met jou makelaar of met enige verhoudingsbestuurder van Santam Landbou vir hulp om die beste versekeringsopsies vir jou boerdery te bekom.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0