Gundle beskerm jou oes

DSC_0360
Of jy ՚n bedekking nodig het vir jou kuilvoer of ՚n voering vir ՚n gronddam, Gundle voorsien alle plastiek wat in die landboubedryf nodig is. Al hulle produkte is skeurbestand en kan volgens die boer se behoeftes (grootte en dikte) gemaak word.
Gundle is 75 jaar in die plastiekbedryf en spesialiseer ook in verpakking en konstruksie. Hulle hoofkantoor is in Germiston en hulle het sewe takke landwyd. API in Springs is waar al die landbou- en konstruksieplastiek vervaardig word en hulle het ook takke in Swaziland, Durban en Johannesburg wat hulle produkte vervaardig. Hulle is ISO 9000-gesertifiseer en hulle produkte dra die SABS handelsmerk.
Gundle se fokus is om by die boere uit te kom en daarom was hulle ook weer vanjaar by NAMPO-oesdag te siene. “Ons besigheid het maar swaargekry tydens COVID, daarom is ons baie bevoorrreg om by NAMPO te kan wees. Ons kan hier as verskaffers saamstaan en ons het direkte interaksies met die boere. Ons het dit baie gemis, want hulle sê mos out of sight out of mind,” sê Tyrone Fry, landboubestuurder van Gundle plastics.
“Ons gee boere die versekering dat ons daar is om hulle te ondersteun. “Daarom ry ons verteenwoordigers uit na die boere se plase om na al hulle behoeftes om te sien,”
voeg Tyrone by.
Volgens hom is hulle gewildste produk vir landbou die plastiekkuilvoerseile.
Plastiekkuilvoerseile is ՚n sterk kuilvoerbedekking wat die boer se waardevolle kuilvoer vertroetelend beskerm. Dit hou lug en reën uit, wat verseker dat die kuilvoer se waarde bewaar bly. Gundle se UV-stabiliseerder teen die son verleng die bergingstydperk en sorg dat die kuilvoer sy voedingswaarde behou. Die seile is in ՚n verskeidenheid wydtes beskikbaar om elke boer se smaak te pas.

Gundle se ander reeks landbouplastiekprodukte:
Gunmulch/deklaagplastiek is beskikbaar in swart of deurskynende grondbedekking en swart/wit of swart/silwer saamgevoeg. Dit verseker optimale groei, ՚n beter opbrengs en verminder plantspanning. Dit verminder ook die groei van onkruid en bied uitstekende vogbewaring deur verdamping drasties te verminder. Dit veroorsaak ook meer aktiewe wortelgroei by die plante. Die Gunmulch dra ook by tot optimale benutting van kunsmis.
Die ultaviolet-gestabiliseerde voerings vir gronddamme is ontwikkel om by ՚n wye verskeidenheid klimaatstoestande te pas en is baie duursaam. Die damvoering het uitstekende sweiseienskappe vir digte nate en is aanpasbaar vir enige grootte of vorm.
Rydek-rybedekkings verminder rypskade en verhoog die boer se opbrengs. Dit is geformuleer vir kortseisoentoepassings, want dit is wanneer gewasse beskerming vir een seisoen nodig het. Gewasse wat goed onder die bedekking groei, is blaarslaai, radyse, tamaties, aarbeie, waatlemoene, bone, skorsies, aspersies, spanspekke en verskeie blomme.
Hydroliner laat jou toe om gewasse te kweek soos jy wil en die gewasse groei meer gelyk. Dit word ook maklik in die grond geplaas. Dit sorg vir ՚n onkruidvrye groei en minder gifspuit is nodig. Dit is UV-bestand en kan vervaardig word vir die boer se behoeftes.
Evadek is kweekhuisfilm wat langer in die son hou. Dit kan die gehalte van die plante beïnvloed deur die lig wat inkom en skaduwee wat verminder word. Dit het ook meganisese eienskappe vir slegte weersomstandighede. Dit is beskikbaar in verskillende wydtes, lengtes en diktes.
Vir meer inligting oor Gundle se plastiek, besoek hulle webwerf by www.gundle.co.za.
Kyk die volledige video ProagriMedia: