Categories: Resource managementPublished On: 10th November 2016

GSI maak jou graan meer werd

By 3 min read
547 words
gsi

gsi-nov-feature

Oom Hendrik Eksteen het reeds 45 jaar gelede die voordele van private graanberging ingesien en vir hom ’n silo uit Frankryk ingevoer. Sy seun, Ian, en skoonseun, Danie Nieuwoudt, wat vandag aan die stuur van Ekland-boerdery buite Marquard staan, het die silo tot onlangs gebruik om mielies vir hulle beeste te berg.

Ian plant op ’n derde van sy grond sonneblom en op twee-derdes mielies. ’n Derde van die mielies is wit en twee-derdes geel. Hy hou een derde geelmielies vir die beeste wat Danie se verantwoordelikheid is. Ekland het egter snaakse grond wat vog aggressief laat deurslaan. Dit het die ondergrondse koniese vloer van die silo laat roes. “Ons het toe uitgevind dat GSI ’n platvloersilo vervaardig wat die graan buite bereik van enige grondvog berg,” sê Ian.

In 2014 het hulle twee 1 300-ton silo’s bestel met ’n graanhanteringspoed van 60 ton per uur. Hulle het ook ’n bakkieshyser van 33 meter binne-in ’n viermeterput gesit om die graan tot hoog bo die silo’s op te trek sodat dit maklik daarin kan vloei. Die swaartekragsif tussen die graan en die onderste deurlugtingswaaiers is baie fyn sodat enige graan daarop geberg kan word sonder om deur te val.

“Ons het vir GSI gevra om hulle beste kontrakteur aan te wys. Ons het die materiaal en betonmengers voorsien en hulle het die fondament, vloer en putte binne twee maande gebou. Dit het nog twee weke geduur om die silo’s, hysers en awegare te installeer en die projek te voltooi,” sê Ian.

Buiten die graan wat Ian nou op sy terme kan berg en verkoop, gee GSI se silo’s vir hom soveel meer keuses en hy het groot planne om die oorsese uitvoermark te betree. “Ons is nie te ver van Durban af nie en wanneer daar weer ’n groot oorskot in die land is, wil ek graag regstreeks uitvoer,” sê Ian.

Hy het reeds ’n semelsif tussen sy silo’s om onsuiwerhede en semels uit die mielies te haal. Sy mielies se waarde is nou hoër en boonop kan Danie die semels vir sy beeste voer. Hy gaan binnekort ook ’n vogmeter aanskaf sodat hy presies weet teen watter graad verlaat sy mielies die plaas. Dit sal ook enige verneukery voorkom.

Sodra hy die res van die toerusting aangeskaf het, sal hy aan die uitvoervereistes voldoen en hoef dan nie deur ’n goedgekeurde gradeerder te werk nie.

Ian het slegs een man wat die hele stelsel in die hitte van oestyd kan beheer. “Ons wil graag nog ’n silo bysit om ons kapasiteit te verhoog en ander graan te hanteer. Ons volgende silo sal ook groter wees en ongeveer 1 500 ton moet hou. Ek sal die huidige stelsel binne vyf jaar afbetaal en dan is dit myne. Dan hoef ek nooit weer ’n sent aan ’n ander man vir berging te betaal nie,” sê Ian.

Jy kan vir GSI nader om jou geld op die langtermyn te bespaar. Skakel 011-794-4455 of stuur ’n e-pos aan sales@gsiafrica.co.za om meer uit te vind.

gsi

Die swaartekragsif, roterende skoonmaakskroef, drie uitlaatgate en toegangsdeur is duidelik sigbaar in die platvloersilo.

GSI

Ian se silo’s het elk ’n ligsensor aan die bokant van die binneste leer wat die toevoerawegare afskakel sodra die mielies die bokant van die silo’s bereik.

0
Tags: , ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0