Categories: NuusPublished On: 23rd February 2018

Grootste suiwelkompetisie in Afrika vier 185ste jaar

By 4 min read
783 words

Wat kry jy wanneer jy jou vyf sintuie, 945 suiwelprodukte, 83 suiwelvervaardigers, ‘n temperatuur van 18 grade Celcius en 84 suiwelbeoordelaars onder een dak saamvoeg? Die grootste suiwelkompetisie in Afrika – die Qualité-beoordeling van die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe – wat gister, op Donderdag 22 Februarie 2017, by GrandWest in Kaapstad plaasgevind het.

Dié kampioenskappe, die oudste in Afrika, word reeds sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied en vier vanjaar sy 185ste bestaansjaar.

‘n Groeiende bedryf

Die kompetisie is ‘n logistieke meesterstuk – vanjaar is 945 produkte, die meeste ooit, ingeskryf. Daar is tien kategorieë wat meer as 100 klasse vir eindprodukte in die prosesseringslyn van die suiwelbedryf insluit. Dié kategorieë is kaas, botter, jogurt, maaskaas, roomys, gegeurde en aangesuurde melk, suiwelnagereg, suiweldoopsouse, vars en UHT-melk (wat verlede jaar bygevoeg is), en room (wat vanjaar as kategorie geskep is). Nie sleg vir ‘n 185-jarige wat in haar kinderskoene slegs uit nabootsings van Hollandse en Engelse kase bestaan het nie!

“Alhoewel dit die oudste suiwelkampioenskappe in Suid-Afrika is, hou ons tred met behoeftes deur gereelde konsultasies met die bedryf,” sê Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo.

“Die kampioenskappe word heelhartig deur die bedryf ondersteun met 83 groot én klein suiwelvervaardigers wat hierdie jaar ingeskryf het, waarvan 15 vir die eerste keer ingeskryf het. Vorige deelnemers het vanjaar vir die eerste keer produkte in ander klasse ingeskryf, wat dui op ‘n groei in produkontwikkeling van bestaande vervaardigers.”

Van internasionale kenners tot foodies

Produkte word in die week van die kompetisie van reg oor die land, asook van Mosambiek, Zimbabwe en Malawi, met groot omsigtigheid weens koueketting-uitdagings, na die Kaap vervoer. Hierna neem dit etlike ure om produkte anoniem te verpak vir die blinde evaluering. Op die dag van die Qualité-beoordeling woel dit al douvoordag om alles in gereedheid te bring vir die streng vereistes vir die beoordeling van ‘n suiwelkompetisie van hierdie omvang. Die marksaal by GrandWest word omtower in wat beskryf kan word as ‘n yslike yskas – ‘n vertrek van 1200 vierkante meter waarin die temperatuur konstant teen 18 grade Celcius gehou word om optimale gehalte van produkte tydens beoordeling te verseker.

Die span beoordelaars beskik oor ‘n besonderse hoë vlak van kundigheid en staan onder die vaardige leiding van hoofbeoordelaar Kobus Mulder, bekende internasionale suiwelbeoordelaar. Die kampioenskappe is van die enigste in die wêreld wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik ten einde ‘n meer akkurate uitslag te bekom. Die beoordelaars se kommentare word ná die kampioenskappe aan die deelnemers gekommunikeer om produkgehalte te verbeter, vernuwing aan te moedig en uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder.

Die kampioenskappe maak voorsiening vir kontinuïteit deurdat jonger beoordelaars geleentheid kry om deel te neem, waaronder vorige deelnemers aan die Boergondië-kaasmakersuitruilprogram, ‘n bilaterale ooreenkoms tussen die Wes-Kaapse Regering en die Streeksregering van Boergondië, wat deur Agri-Expo gekoördineer is.  Hierdie oudstudente beklee vandag senior posisies in die bedryf en ploeg so hulle kundigheid terug.

Bo en behalwe bedryfskenners en opgeleide sensoriese evalueerders word bekende sjefs, kospersoonlikhede en -joernaliste genooi om aan die beoordelingsproses deel te neem. Vanjaar was ‘n eerste vir die glanssjef en kosboekskrywer, Marlene van der Westhuizen, wat verklaar het dat dit “uiters opwindend is om soveel Suid-Afrikaanse suiwelprodukte van topgehalte as ‘n geheel te kan ervaar”.

Jan Alleman die suiwelliefhebber baat ook

Die kompetisie het nie net ‘n beduidende impak op die suiwelbedryf nie; dit baat ook die verbruiker wat voor die yskas staan met die byna onmoontlike taak om die beste suiwelproduk te kies – baseer jy jou keuse op prys, handelsmerk, verpakking, vorige proe-ervarings, dit alles tesame, of net ‘n lukrake probeerslag? Danksy die Qualité-beoordeling van die SA Suiwelkampioenskappe word hierdie raaiwerk vir die verbruiker uitgeskakel. Dis so maklik soos om uit te kyk vir die Qualité- en SA Kampioenplakkers wat met trots op kwalifiserende produkte in die kleinhandel geplaas word.

Volgens Ehlers is die uitsluitlike doel van die suiwelkampioenskappe om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder. “Die Qualité-merk word deur die bedryf erken as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika. Die kompetisie het die maatstaf geword waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet. Die publiek kan dus die Qualité-merk vertrou as ‘n eerlike en toeganklike hulpmiddel om te verseker dat hulle die beste suiwelprodukte wat ons land bied, kan geniet,” sê Ehlers.

Die SA Kampioene (die topprodukte in die 106 kampioenskapklasse), die Qualité-toekennings (wat slegs aan produkte van besonderse hoë gehalte toegeken word) en die Produk van die Jaar (aangewys deur ‘n paneel van vyf kundiges) word tydens die Qualité-toekenningsdinee op 23 Maart 2018 by GrandWest in Kaapstad aangekondig. Die projek word vanjaar deur die Melk Produsente-vereniging (MPO) en sy publikasieplatform AgriConnect as ‘n vennoot ondersteun.

Belangstellendes kan www.cheesesa.co.za en www.agriexpo.co.za besoek, of Agri-Expo by 021-975-4440 of cheese@agriexpo.co.za kontak.

Bron: Agri-Expo

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: NewsPublished On: 23rd February 2018

Go to Top