Grootbokhaarmark bestendig
Op die derde veiling van die somer verkoopseisoen was die pryse van veral sterk grootbokhaar bestendig ondanks ‘n wisselvallige wisselkoers. Die Rand het met 0,2% teenoor die Amerikaanse Doller verswak in vergeleke met die vorige veiling en teen R12,99 verhandel.
Die gemiddelde markaanwyser was onveranderd op R184,74/kg. Pryse vir sterk grootbokhaar was 1,2% hoër op R177,40/kg terwyl fyn grootbokhaar onveranderd op R194,40/kg gesluit het. Jongbokhaar het swak presteer op die dag en pryse het met 2,8% teenoor die vorige veiling gedaal om op R218,64/kg te staan te kom. Pryse van kleinbokkiehaar was 1,5% duurder en is teen gemiddeld R280,95/kg verkoop alhoewel ‘n groot aantal lotte wat onverkoop verklaar was, buite rekening gehou is.
Die volgende BKB veiling sal op 11 April 2017 plaasvind.
Bron: BKB