Categories: NewsPublished On: 20th October 2016

Groentepryse: Aartappel- en tamatiepryse is hoër

By 2 min read
326 words
aartappels

aartappelsweb

Aartappelpryse sal na verwagting gedurende die volgende vier weke tot middel November na vlakke van tussen R5 tot R6 per kilogram verhoog.

Verdere prysstygings gedurende Desember is moontlik. Vroeë seisoenreën het nie geval nie en damvlakke is laag. Die gebrek aan voldoende water vir besproeiing kan ‘n negatiewe invloed op opbrengste hê.

Hoewel voorspellings vir reënval baie belowend lyk moet dit steeds eers reën soos hulle voorspel het. Aartappelaanplantings in die Oos-Vrystaat benodig dringend reën. As gevolg van die onsekerheid oor die toekomsvooruitsigte vir reën het sommige produsente in die Hoëveld-streek hulle blootstelling tot aartappelproduksie beperk deur minder aan te plant.

Tamatiepryse het ook verhoog in die afgelope week na R15 per kilogram. In die nabye toekoms word daar verwag dat pryse sal daal soos die nuwe seisoen tamatie-oes sal lei tot ‘n toename in volumes.

Wortelpryse het ‘n hoogtepunt gedurende die afgelope twee weke bereik teen R4 per kilogram maar sedertdien het pryse weer afgeneem na tussen R2,50 tot R3,50 per kilogram soos daar verwag word dat volumes baie gaan bly. Die droë weerstoestande bevoordeel wortelproduksie en volumes begin om op te tel. Die produksiegebiede vir wortels het genoeg water beskikbaar vir besproeiing. Pryse kan voortgaan op die huidige laer prysvlakke as produksie nie geraak word deur onverwagse nat weerstoestande, haelskade of onbeheerbare onkruidgroei nie.

Uiepryse het prysvlakke van tussen R40 tot R50 per kilogram gedurende die afgelope twee weke bereik, maar het weer afgeneem tot R35 tot R40 per kilogram. Die hoofrede vir laer uiepryse is verminderde uitvoere na Mosambiek. Mosambiek is die grootste uitvoerbestemming vir Suid-Afrikaanse uie. Sedert die Wêreldbank finansiële hulp na Mosambiek opgeskort het, het invoerders toenemend probleme ervaar om vir invoere te betaal. Die huidige droogtetoestande sal nie ‘n negatiewe invloed op die beskikbaarheid van uie hê nie.

As reën nie voldoende is die seisoen nie, sal die nuwe seisoen van uieproduksie  van Februarie af dit wys.

Bron: Absa Agri Trends

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0