Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 3rd October 2023

Goeie nuus: Agri Frequencies kan boere help om brande te beheer met frekwensies

By 1 min read
145 words

apocalypse-2273069_1280

Bron: Pixabay

Veldbrande het die afgelope paar jaar ‘n groot probleem geword wat duisende hektare vernietig het. Volgens Agri Frequencies kan veldbrande nou met frekwensies onder beheer gebring word en wegholbrande kan nou gestop word.

Brand teenfrekwensies vir vuur is nou ontwikkel deur Agri Frequencies wat die brande se temperatuur verlaag sodat dit dan makliker beheer kan word.

Dit word op 3 verskillende manière toegepas nl:

1) Direkte uitsending oor enige gekose area.
2) ‘n Klein instrument wat deur brandslaners saam met hul gedra kan word wat die vuur verkoel in ‘n radius van 40 of 200 meter, afhangend van die model.
3) Vir brandbane het hulle ‘n poeiervorm wat met water uitgespuit kan word op die brandstroke, dit maak breeblaar onkruid dood, verhoog plantsuikers om diere te lok om die gras op die brandbane kort te hou en dan ook brand teenfrekwensies wat die brandbaarheid verminder en groot brande help stuit.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0