Categories: NuusPublished On: 16th August 2018

Goeie begin vir bokhaarmark

By 1 min read
160 words

Angora+Goat

Die sybokhaarmark het die winterverkoopseisoen op ‘n positiewe noot begin met die gemiddelde markaanwyser wat op R282,62/kg gesluit het. ‘n Totaal van 91 743 kg is aangebied met ‘n  98,0% verkoopspersentasie. Die Rand het met 4,2% verswak teenoor die Amerikaanse Dollar en het teen R14,15 verhandel.

Die katalogus het vir die eerste keer die volhoubaarheidstatus van elke lot ten toongestel, met nie-volhoubare lotte wat minder belangstelling van kopers geniet het.

Die gemiddelde markaanwyser het 20,8% duurder gesluit op R282,62/kg in vergeleke met die laaste veiling van die vorige winterverkoopseisoen. Die gemiddelde pryse van kleinbokhaar het in vergelyking met dieselfde veiling met 24,6% gestyg en teen R368,23/kg verhandel. Gemiddelde pryse van jongbokhaar het 19,7% duurder gesluit op R311,87/kg in vergeleke met die laaste veiling van die winterverkoopseisoen. Gemiddelde pryse fyn grootbokhaar het 18,0% duurder op R293,29/kg gesluit en sterk grootbokhaar het 24,7% duurder verhandel teen R292,28/kg in vergelyking met die laaste veiling van die winterverkoopseisoen.

Die volgende veiling sal op 4 September 2018 plaasvind.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0