Getooi in rooi! | CASE IH
Case IH Thumbnail
Daniel Dames, produkspesialis by CASE IH, gesels oor die implemente wat hulle hierdie jaar by Balfour Hooidag uitgestal het.
Eerste is die bekende RB455 veranderlike kamer baler wat verlede jaar die Balerresies gewen het.
Hierdie baler is toegerus met ‘n 2,3 m “pick-up”. In die baalkamer is daar vier eindelose belte. Dit kan bale van 900 cm tot 1,5 m hoog maak. Boere is mal oor hierdie baler oor sy uitsonderlike kapasiteit. Hierdie implemente kom met ‘n outomatiese oliesisteem om al die kettings nat te hou.
Daniel brei ook uit oor die 125 Maxxum trekker. Hierdie spesifieke trekker kom met ‘n 16 x 16 Powershift ratkas en 115 liter/minuut oliepomp.
Die WD1905 plantsnyer is vanjaar ook by die Balfour Hooidag gedemonstreer. Die plantsnyer is toegerus met ‘n 190 perdekrag enjin. Dit is ‘n olie aangedrewe masjien en alles is verstelbaar van die skerm af. Die tolsnyer is so ontwerp dat die lemmetjies maklik vervangbaar is met net een moersleutel.
Vir meer inligting, besoek https://www.caseih.com/en-za/southafrica.