Gesamentlike veiling van Lucasdam- en CJ Coetzee-dorpers ‘n reuse sukses

Duurste Ram Lot 28 – R40 000-00 aan Rudie Erasmus
Duurste Dorperram van John Daniel (Lucasdam Dorper Stoet) van Postmasburg verkoop vir R40 000 aan Rudie Erasmus ook van Postmasburg.
Die gesamentlike veiling van Lucasdam Swartkop Dorpers en CJ Coetzee Dorpers asook gasverkopers, wat op 24 Feb 2022 op die plaas Lucasdam te Postmasburg aangebied was, was ’n reuse sukses.
Die uitstekende pryse behaal, weerspieël weereens die top kwaliteit diere wat aangebied was.
John Daniel en Jaco Coetzee kan werklik met reg trots wees op hul uitstekende aanbod die jaar, dié is ‘n veiling wat Dorpertelers en- kopers maar kan dagboek en bywoon.
Die duurste Swartkop Dorperram, Lot 28, 20-0618 van John Daniel van Postmasburg is vir R40 000 aan Rudie Erasmus ook van Postmasburg verkoop.
Die duurste Wit Dorperram, Lot 32, 20-0145 van Jaco Coetzee (CJ Coetzee Wit Dorpers) van Groblershoop verkoop vir R22 000 aan Abrie Badenhorst van Hopetown.
Gemiddelde pryse behaal op die veiling is soos volg:
| Swartkop Dorper T5- & stoetramme | R17 282-60 |
| Wit Dorper T5- & stoetramme | R11 500-00 |
| Swartkop Dorper kudde-ramme | R8 528-00 |
| Wit Dorper kudde-ramme | R9 333-33 |
| Wit Dorperooie | R8 152-00 |
| Swartkop Dorperooie | R6 382-35 |
| Swartkoper Dorperooie en lammers | R9 363-64 |
Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens John Daniel, Jaco Coetzee en gasverkopers hartlik geluk met die goeie veiling. Theuns Visser was die afslaer.