Ford bereik rekord markaandeel

ranger-xls_119_1800x1800
Ford Motormaatskappy van Suidelike Afrika het ‘n baie goeie verkoopsmaand in Oktober 2016 gehad. Dis nie net die bereiking van die hoogste markaandeel ooit in Suid-Afrika nie, maar ook beduidende winste in die jaar-tot-datum aandeel en algehele verkoopsvolumes.
Ford het sy beste markaandeel ooit van 16,4% in Oktober gehad, dit is gedryf deur sy volgehoue groei in beide die passasiers- en ligte handelsvoertuie. In teenstelling met die algemene afname in motorverkope het Ford ‘n totaal van 7 199 eenhede vir Oktober verkoop. Dit is sowat 26% hoër as September 2016 en 8% hoër as Oktober verlede jaar. Dit het bygedra tot Ford se jaar-tot-datum aandeel wat geklim het met 4,2%.
Die Ford Ranger het sy pad terug gevind na die bokant van die verkopelys, terwyl die Fiesta ‘n nuwe mylpaal bereik het met sy beste verkope ooit. Die Fiesta het 1 856 verkope in Oktober gehad het.
En die Ford EcoSport het die onbetwiste leier in die kompakte sportnutsvoertuie gebly, met sy 1 012 voertuie wat verkoop is.
“Ons is baie bemoedig deur die groei van ons nuwe motorverkope wat gelei het tot Ford wat sy hoogste markaandeel ooit in Oktober verkry het,” sê Neale Hill, direkteur van bemarking,verkope en dienste vir Ford Motormaatskappy Sub-Sahara Afrika-streek.
“Dit is ‘n baie uitdagende tydperk vir die motorbedryf, met die druk wat by verbruikers en handelaars gevoel kan word. Ons stel hierdie maand die plaaslike Ford Everest reeks voor en ons stel ook die Ford Options Finance Plan bekend wat kliënte ‘n wye reeks opsies bied wanneer dit kom by die koop en finansiering van nuwe Ford motors,” sê Neale.
*Volgens die Nasionale Assossiasie van Automobielvervaardigers van Suid-Afrika (NAAMSA) was Oktober 2016 se totaal nuwe voertuigverkope teen 48 745 eenhede ‘n daling van 5 494 voertuie of ‘n daling van 10,1% in vergelyking met die 54 239 voertuie wat verlede Oktober verkoop is.
Bron: Ford
*Includes Associated Motor Holdings (AMH) and Amalgamated Automobile Distributors (AAD).