Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 16th April 2025

FIRNA se jaarlikse aanteelveiling is om die draai en daar is top gehalte gene om van te kies en te keur!

By 2 min read
336 words

save-the-date-breeding-auction-6-may-2025-1100-tosca-firna-609055-410617

Firna is ‘n familieboerdery wat in 1989 begin is deur Frans Engelbrecht. Nadat hy sy eerste stukkie grond in die Molopo gekoop het, het hy sy beeskudde begin met 27 koeie wat met ‘n trein aangery is uit die Weskus.

Die Molopo is bekend as wêreldgehalte bees-wêreld. Frans se liefde vir spekulasie het dus van die begin af ‘n belangrike rol gespeel in die boerdery. Die boerdery het ook uitgebrei en in die laat 1990’s het Firna begin aartappels plant en gegroei tot een van die grootste aartappelmoerkwekers in Suid-Afrika.

Frans se liefde vir top gehalte beeste het daartoe gelei dat hulle in die jaar 2000 ‘n voerkraal op die plaas begin het. Die doel was van die begin af om vrugbaarheid te bevorder en dus goeie speenkalwers in die kudde te teel.”’n Koei moet elke jaar kalf”, sal Frans byvoeg.

Michiel, Frans se seun het ook sy Pa se liefde vir beeste ge-erf en hy het sy Meestersgraad in dierevoeding gedoen. Die bestuurspan het verder gegroei met Uys van Zyl, ook gegradueer in veekunde, wat by Firna aangesluit het om die bees kudde te bestuur.

Die dominante rasse by Firna is Simbra en Simmentaler tipe beeste. Hierdie rasse is goed aanpasbaar in die Molopo se warm klimaat. Daar is egter ook ‘n suiwer lyn Bonsmaras wat goeie balans bring in die kudde. Top gehalte genetika word mee ge-KI van onder andere Buckridge Bonsmaras en Werk met Lust Simmentalers, en dit vorm deel van die hoof lyne van FIRNA se kudde.

Firna glo in streng produksiemaatreëls en hulle meet hulle diere se prestasie en groei met behulp van RFID tags in die veld en voerkraal. Dit bevorder en staan die RMIS by in naspeurbaarheidstelsels.

Moenie FIRNA se top teelveiling op 6 Mei 2025 om 11:00 misloop by Harcourt, Tosca nie. 250 diere is op die veiling.

Sien ook meer besonderhede oor die veiling op Agri4All.

Kontakbesonderhede:

Uys Van Zyl:
0797673377, cattle@firna.co.za

Michiel Engelbrecht:
08302812224

Dewald Marais:
0828533430

Uys van Zyl (links) en Michiel Engelbrecht (regs) met hulle veespan.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0