Besproeiingsmielies: Faktore wat doeltreffende watergebruik kan beïnvloed

field-852242_1280
Artikel voorsien
deur AJ Steyn, veldagronoom, Pioneer
In ons waterskaars land word baie graan onder besproeiing geproduseer, maar hoe doeltreffend is die plante se opname van die water? Dit is belangrik om waterverbruik tussen kultivars en plantdigtheid te ondersoek, tesame met beter monitering van besproeiingsvolumes.
Navorsing uit die VSA het bewys dat oorbesproeiing opbrengsverliese kan meebring as gevolg van verhoogde plantstres, voedingstofloging, hoër siekte-voorkoms en meer anaerobiese grondtoestande (Shanahan J et al. Crop Insights Vol 25 nr 13).
Wanneer somergraan soos mielies onder besproeiing verbou word, is evapotranspirasie en totale waterverbruik relatief hoog in vergelyking met gewasse soos koring wat in ‘n koue tyd verbou word. Goeie waterverbruiksdoeltreffendheid (WVD) is noodsaaklik. Dit wissel egter tussen seisoene en veral die totale aantal hitte-eenhede speel ‘n groot rol.
Die mielieplant word deur sy groeistadia gedryf deur hitte-eenhede en nie die aantal dae as sodanig, soos oor die algemeen aanvaar word nie. Hoe warmer die seisoen, hoe meer water word verbruik, maar hoe hoër is die opbrengste asook die WVD.
Pioneer kultivars P1197YHR en P1257YHR standproef
In die 2019-20 seisoen is ‘n waterverbruiksproef in die Luckhoff-gebied geplant. Twee nuwe besproeiingskultivars, naamlik P1197YHR en P1257YHR van Pioneer is aangeplant teen 90 000, 95 000 en 100 000 plante/ha. Figuur 1 dui die gesamentlike opbrengste per hektaar aan van die kultivars teenoor plantestand.

Bemesting, plantdatum en grondtipe
Plantdatum: 18/12/2019
Bemesting (kg/ha): N = 320 P= 84 K = 96
Grondsoort: Alluviale riviersand: Clovelly dieper as 2 m (10% klei)
Uit Figuur 1 is dit duidelik dat albei kultivars die beste gevaar het by 95 000 stand. Die seisoen was egter koel en bewolk met relatief minder hitte-eenhede, wat die relatief laer opbrengste vir die gebied verklaar.
Waterverbruik per plantpopulasie
Figuur 2 dui aan dat die 95 000 stand ook die meeste water gebruik het.

Waterverbruiksdoeltreffendheid: kg graan per mm water gebruik
Alhoewel die 95 000 stand die meeste water gebruik het, lewer dit die beste WVD omdat die opbrengs beter is.

Opbrengs per kultivar

Watergebruik per kultivar

WVD per kultivar

WVD van 2018-19 proef (vorige seisoen) in dieselfde omgewing

Gevolgtrekking
Wanneer die WVD van twee opeenvolgende seisoene in dieselfde omgewing vergelyk word, met dieselfde kultivar, P1197YHR, wat in altwee proewe gebruik is, verskil dit drasties.
Die warm 2018-19 seisoen met heelwat meer hitte-eenhede het baie beter presteer. Die bemesting was baie in dieselfde orde met die grootste verskil die grondsoort. Hierdie proef is geplant op vlak, swaar grond, maar die proewe is binne 2 km van mekaar af.
Boere het nie beheer oor die invloed van klimaat nie. Dit kan opbrengs en die WVD drasties beïnvloed, al word al die ander faktore dieselfde gehou.
Die WVD kan dus tussen seisoene verskil vir dieselfde kultivar, maar binne ‘n seisoen sal een kultivar beter presteer as ‘n ander in dieselfde omstandighede. Die kultivar met die beste opbrengs het gewoonlik ook die beste WVD.
Daarom streef Pioneer voortdurend om kultivars met top opbrengste aan produsente te verskaf.
Verwysings:
1) Shanahan J. Ph.D et al. Features of the Encirca Yield Water Management Service. Crop Insights Vol 25 Nr 13
2) Irricheck, Vanderkloof
Vir meer inligting en om een van ons agronome te kontak, gaan na www.pioneer.com/za of stuur ‘n e-pos na info.rsa@pioneer.com