ExxonMobil en Centlube vorm ’n gedugte verspreidingspan

Mobil 1 lubricants
MobilExxon, die bekende brandstof- en smeermiddelverskaffer wat ’n bekende handelsmerk in Suid-Afrika is, het onlangs ‘n nuwe kantoor in Kaapstad oopgemaak en ‘n nuwe gemagtigde verspreider in Suid-Afrika aangestel. Centlube versprei nou hulle hoogs gevorderde olie vir passasiers- en kommersiële voertuie asook vir industriële toerusting.
Hulle het pas ‘n groot herbekendstelling by Gerotek, buite Pretoria geloods met hulle “Mobil smeermiddelervaring”, om hernude fokus op hulle produkreeks te plaas en met kliënte te gesels oor hulle produkte en nuwe strategie.
Alhoewel ExxonMobil al vir baie jare in die land is, is die nuwe Kaapstad-tak die eerste toegewyde smeermiddelkantoor wat sedert 2005 oopgemaak is.
“Suid-Afrika het ‘n groot potensiaal en hierdie bekendstelling toon ons verbintenis tot langtermynontwikkeling in die mark,” sê Lawrence Kearns, verkoopsdirekteur van ExxonMobil Europa, Afrika en die Midde-Ooste, wat die geleentheid bygewoon het. “Met Centlube se span aan ons kant, kan ons ons toonaangewende oplossings kombineer met hulle markkennis en ervaring om kliënte te help om beter te presteer, kostes te sny en die doeltreffendheid van hulle motors, vragmotors en masjiene te optimaliseer.”
“Om kliënte te help om die potensiaal van hulle voertuie en toerusting met ‘n gevorderde smeermiddels te maksimeer was nog nooit meer belangrik nie,” het Paul Mansour, uitvoerende hoof van die ENX Groep, wat Centlube besit gesê. “Saam met ExxonMobil, sien ons uit na die lewering van ‘n omvattende pakket van smeringsdienste aan kliënte regoor Suid-Afrika.”
Centlube het meer as 25 jaar gelede as ‘n klein familie-onderneming begin om tot ‘n belangrike speler in die vermenging, verspreiding en bemarking van smeermiddels in Suider-Afrika te ontwikkel. Die maatskappy het meer as 40 werknemers en is in staat om produkte vinnig te lewer, sodat kliënte die volgende dag aflewering, (wat bepaal word deur volume) op hulle bestellings kan geniet. Dit kan geskied danksy Centlube se doeltreffende en wye nasionale verspreidingskanale.

Gerald De Causemaeker van ExxonMobil, Clint Nickall van Centlube, Paul Mansour from ENX, Lawrence Kearns van ExxonMobil en Vincent Cartier from ExxonMobil het baie om oor opgewonde te wees tydens die “Mobil Smeermiddelervaring” by Gerotek buite Pretoria.