Dry Ice se vriesbrand bevorder diere se gesondheid en welstand

Dry Ice_NLS_Nov20252
Min dinge is so belangrik vir ’n boer as die welstand en veiligheid van sy diere. Met die kommerwekkende toename in veediefstal en die tekortkominge van onvoldoende identifikasiestelsels, waaronder oormerke, het die beveiliging van vee belangriker geword as ooit vantevore.
Aangesien boere oor die land heen worstel met reuse-verliese weens diefstal, dien doeltreffende identifikasie nie net as ’n afskrikmiddel nie, maar ook as ’n waardevolle hulpmiddel vir die opsporing van gesteelde vee.
Volgens die Wet op die Identifikasie van Diere, 2002 (Wet 6 van 2002), is die merk van alle vee in Suid-Afrika verpligtend. Boere durf dus nie slap lê nie – en moet hulle toespits om steeds die welstand van hul diere as topprioriteit te beskou. Om aan hierdie wetlike verpligting en behoefte vir ’n menslike alternatief te voldoen, het droë ys, of soliede koolstofdioksied (CO₂), na vore getree as ’n waardevolle hulpmiddel vir veeboere.
Menslikheid voorop gestel
Die produk, wat deur Dry Ice International in Suid-Afrika vervaardig en versprei word, bied allerlei voordele wat boere help om hul boerderye te verbeter, koste te bespaar en dieregesondheid te bevorder. Volgens deeglike wetenskaplike navorsing wat in joernale soos Sabinet voorkom, veroorsaak tradisionele warm brandmerkmetodes spanning en pyn vir diere wat gevolglik hul welstand en produktiwiteit benadeel. Die studies bevestig ook dat vriesbrand ’n meer menslike gebruik is.
Vriesbrand is ’n dierevriendelike alternatief en ’n minder traumatiese en meer higiëniese oplossing, terwyl dit steeds duidelike en blywende identifikasie verseker. Dit is veral gewild onder bees- en melkboere, asook perdetelers, aangesien dit ’n duidelike identifikasiemerk skep wat buiten misdaadvoorkoming, help met kudde- en tropbestuur.
Tradisionele brandmerke verbrand diere se weefsel, dit kan tot infeksies lei en laat dikwels ’n onduidelike merk op die dier se vel. Dry Ice se vriesbrandproses, aan die ander kant, werk heeltemal anders. Dit vries spesifieke pigmente in die haarfollikels en laat dan die hare wit teruggroei in die vorm van die merk. Dus kom geen weefselskade voor nie en is daar ’n beduidende verbetering in die welstand van die diere.
Dié metode van merk is nie net minder traumaties vir die dier nie, maar spaar ook heelwat tyd vir die boer. Elke merk neem slegs sekondes om aan te wend en die diere herstel gewoonlik vinnig. Omdat daar geen risiko vir brandwonde, letsels of infeksie is nie, maak dit die bestuur van plaasdiere baie eenvoudiger. Vriesbrand is veral belangrik vir boere wat velle verwerk of leerprodukte vervaardig omdat hierdie metode die vel ongeskonde laat en dit gevolglik steeds sy waarde sal behou.
Verantwoordelike, verantwoordbare boerderypraktyke
Vriesbrand het reeds bewys dat dit ’n gedugte teenstander is wat betref veediefstal – juis omdat die merke so duidelik sigbaar en permanent is. As ’n bees se hare afgeskeer sou word, sal hy steeds maklik geïdentifiseer kan word as gevolg van die merk op sy vel. Volgens berigte deur landboukenners, sal veediefstalgroepe glo tweekeer dink voordat hulle hierdie diere steel, aangesien hulle nie juis bekend is met hierdie stelsel nie.
Vanweë die beduidende afname in spanning en pyn wat die diere ervaar, word hierdie metode algemeen deur die bank deur boere beskou as ’n meer empatiese en omgewingsvriendelike alternatief.
Nog ’n rede vir die etiese merk van diere, is die feit dat verbruikers al meer bewus raak van hoe plaasdiere behandel word – en dus is dit noodsaaklik dat menslike praktyke soos vriesbrand ingespan word sodat plase hul reputasie kan behou as verantwoordelike produsente.
Boere staar met die gebruik van vriesbrand geen gevare in die gesig nie; eerder, hulle kan slegs baatvind by hierdie innoverende proses. Omgewingsvriendelike tegnieke wat dierewelstand bevorder, verseker die toekoms van volhoubare veeboerdery wat tot voordeel strek van die omgewing sowel as Suid-Afrika se landboubedryf.
Vir meer inligting oor produkte, toerusting en opleiding, besoek https://dryice.co.za/4-farming/, kontak Cynthia Oliver, vriesbrand-spesialis, by +27(0)78-164-1712 of stuur ’n e-pos aan cynthia@dryice.co.za