Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 25th January 2024

Dry Ice International gee om vir die welstand van jou diere: dáárom moet jy vriesbrand kies!

By 3 min read
597 words

maxresdefault

Vriesbrand is nie ’n nuwe konsep in die Suid-Afrikaanse landboubedryf nie. Dit het wel baie traksie begin kry oor die laaste paar jare en al hoe meer boere vind dit is ’n waardevolle toevoeging tot kuddebestuur, sonder die traumatiese ervaring wat tradisionele warmbrand metodes voortbring.

Dry Ice International verskaf reeds vir baie jare ’n trauma vrye oplossing wanneer dit by die toediening van identifikasiemerke by beeste en perde kom. In die onlangse jare het die proses van vriesbrandmerking meer gewild geraak onder boere, juis oor die proses nie pynlik vir die diere is nie en die eindresultate netjies, duidelik sigbaar en permanent is. Dry Ice International spog tans met meer as 350 veeboere wat reeds gebruik maak van hierdie metode.

Vriesbrand is veral gewild onder melkprodusente omdat dit ’n waardevolle toevoeging tot kuddebestuur is. Veldbeesboere baat ook by hierdie manier van identifikasie, aangesien kalwers alreeds op die ouderdom van een maand gebrandmerk kan word en dit dus diefstal tot ’n minimum beperk.

Die vriesbrandmerk is ’n wit merk wat in duidelike kontras met die bees se huid is. Die merk is permanent en daar is dus geen risiko dat die merk mettertyd dof of onleesbaar sal raak, soos met warmbrand, tattoeërmerke en oorplaatjies nie.

Veediefstal is ’n reuse probleem in Suid-Afrika. Vriesbrandmerke het in die laaste paar jaar bewys dat dit veediefstal in sy spore stuit, juis oor die merke so duidelik sigbaar en permanent is. Vriesbrandmerke kan nie van ontslae geraak word nie. Indien die bees se hare afgeskeer sou word, is die merke steeds duidelik sigbaar op die dier se huid. Aangesien die merke ’n onbekende identifikasie vir veediefstalgroepe is, los hulle eerder die diere uit.

Anders as die tradisionele warmbrand metode, waar ysters verhit word tot dit gloeiend warm is, word vriesbrand ysters verkoel in ’n verkoelingsoplossing. Die bees of perd se huid het geen sensoriese gevoel wanneer die koue yster teen die huid gedruk word nie. Die huid word ook nie gepenetreer of beskadig in die proses nie, wat beteken dat daar geen oop sere of rou wonde teenwoordig is tydens die genesingsperiode nie. Leer looiers baat ook daarby aangesien geen gedeelte van die bees se vel verlore gaan nie.

Cynthia Oliver, vriesbrand spesialis van Dry Ice International, verduidelik dat die uiterse koue vriesbrandysters slegs die pigmentasie binne in die haarfollikel van die dier manipuleer.

“Ons manipuleer basies net die verouderingsproses van die haarfollikel in die diere, met ’n eindresultaat van wit hare, baie dieselfde as wanneer ons as mens ouer en grys word.”

Sy noem verder dat die vriesbrand metode gebruik maak van gespesialiseerder toerusting.

“Hierdie toerusting word verskaf deur Dry Ice International. Elke boer word ook touwys gemaak oor die toediening van die vriesbrandmerke. Die proses is redelik maklik en kan self deur boere toegepas word.”

Dry Ice International, met hulle handelsmerk Dry Ice 4 Farming, het in die laaste paar jaar beslis hulle stempel afgedruk onder die boeregemeenskap in Suid-Afrika, asook sommige Afrika-lande. Hulle het ook onlangs ‘n stalletjie bekom by die groot Nampo Oesdag geleentheid wat jaarliks net buite Bothaville op Nampo Park plaasvind wat net weereens bewys dat hulle met ope arms verwelkom word in die industrie juis oor hulle so ‘n groot verskil maak in die grootvee bedryf. Hulle sal tydens hierdie jaar se Nampo Oesdag weer tesiene wees en ook lewendige demonstrasies behartig! Boere is nie net tevrede met die eindresultaat van vriesbrandmerking nie, dit is juis die proses wat boere so opgewonde maak omdat dit nie pynlik of traumaties vir die diere is nie. Hulle slagspreuk lui dan juis: Because you care, switch to freeze branding.

0

Deel hierdie artikel.

4 Comments

  1. H J R du Plessis 12th March 2024 at 22:35 - Reply

    Stel belang, verdere besonderhede word verlang asb

  2. HW Troskie 12th March 2024 at 19:58 - Reply

    Ek wil asb.meer inligting oor vriesbrand he.

Leave A Comment

0