Categories: Artikels, Meganisasie, Voerproduksie en -hanteringPublished On: 10th April 2024

Drotsky se voerstroper-hamermeul reg om die dag te red na ‘n swak oes

By 3 min read

SHM24_s

Drotsky se veeldoelige voerstroper-hamermeul vir al jou boerderydoeleindes.

Wanneer jou oeste nie lewer soos hulle moet nie, is daar nie rede om met jou hande in jou hare te staan nie. Drotsky se voerstroper-hamermeul is hier om die dag te red. 

Die dubbeldoelige eenheid voorsien jou van ‘n opsie-B wanneer ‘n swak oes veroorsaak dat jy nie jou graan of mielies kan silo toe vat nie.

Die werktuig skakel moeiteloos om van ‘n voerstroper-hamermeul na ‘n hamermeul. Dit is toegerus met ‘n groot invoertrog en wiele om vervoer te vergemaklik. Dan kom hy nog standaard met ‘n sleepstang agter vir waentjies ook.

Izak Wolfaardt, Drotsky se meganiese ingenieur, verduidelik dat daar jare, soos hierdie jaar is, wat swakker oeste oplewer as gevolg droogte of ander omstandighede.

Die stroper-hammermeul gee vir boere die geleentheid om nogsteeds hulle mielieplant te stroop.

“So hulle kan nie meer stroop nie omdat daar nie meer pitte is nie. Dit is dan nie die inset kostes werd nie. Met die stroper-hamermeul maal jy die hele plant. Jy stroop en maal die plant materiaal, die kop, stronk … alles,” vertel Izak.

Dit kan dan gebruik word as voer vir beeste.

“Gewoonlik het saaiboere so paar beeste aan die kant,” voeg hy by.

Herdie is die beste tipe voer vir jou beeste omdat dit klaar die regte verhouding bevat wat gehalte voer vereis.

“Dit help dat hulle steeds om daardie oes te gebruik om nie net hulle insetkostes te dek nie maar ‘n wins van ‘n ander soort ook te maak.”

Hy verduidelik deur net jou beeste of skape tussen die mielies in te jaag, laat baie van die waarde wat daardie mielie steeds het, verlore gaan.

Die implement het ook ‘n platform agterop waar ‘n persoon kan sit om die gemaalde mielies te versak of geute sodat dit in ‘n tapkar getap kan word.

Wanneer jy dan klaar gestroop en gemaal het kan die stroperkop afgehaal word en met die gewone hamermeul deur vervang word sodat jy die implement as ‘n hamermeul vir die res van die jaar kan gebruik.

Die voerstroper-hamermeul is beskikbaar in twee modelle: die SMH24 en die SMH36.

Die SMH24 benodig ‘n trekker van minstens 70 kW en stroop twee hektaar droëlandmielies per dag met sy voeraanhegsel.

As hamermeul lewer hy die volgende prestasie:

6 000 kg mielies per uur met ‘n sif van 8 mm

2 000 kg mielieskopmeel per uur met ‘n sif van 16 mm

2 000 kg gras per uur met ‘n sif van 12 mm

3 000 kg gras per uur met ‘n sif van 20 mm

2 500 kg lusern per uur met ‘n sif van 6 of 8 mm

4 000 kg lusern per uur met ‘n sif van 25 mm

‘n Trekker van 70 tot 90 kW word benodig om die SHM36 aan te dryf en met sy voeraanhegsel sny hy 3 hektaar droëlandmielies per dag.

As hamermeul maal hy:

8 000 kg mielies per uur met ‘n sif van 8 mm

3 000 kg mieliekopmeel per uur met ‘n sif van 16 mm

3 000 kg gras per uur met ‘n sif van 12 mm

4 000 kg gras per uur met ‘n sif van 20 mm

3 500 kg lusern per uur met ‘n sif van 6 en 8  mm

5 000 kg lusern per uur mete ‘n sif van 25 mm

Drotsky vervaardig sedert 1962 hamermeulens en voermengers en oor die meer as 50 jaar het hulle ‘n reputasie gebou gegrond op professionaliteit, ondervinding en kundigheid.

Hulle is toegewyd om vir hulle klante die doeltreffendste en winsgewendste oplossings te bied. Hulle werktuie word gebou met die Suid-Afrikaanse boer en boerderyomstandighede in gedagte.

Drotsky is ook gereed met parte om jou stroper-hamermeul te diens of herstel.

Besoek hulle webtuiste www.drotsky.co.za om jou stroper-hamermeul vroetydig te bestel.

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0