Drape Net SA: Beskerm die vrug op jou arbeid

drape net 1
Die son is noodsaaklik vir vrugteproduksie, maar die Afrikason se geniepsige strale kan ՚n belowende uitvoeroes se gehalte lelik knou. Net so kan ՚n haelbui jou kontrakvrugte verander in ՚n bakkie-oes.
Permanente netstrukture kan ՚n oplossing bied, maar dit is duur, dit veroorsaak langtermyn bevrugting- en hanteringsprobleme en as die wind so ՚n struktuur beetkry en beskadig, is daar groot skade.
Drape Net SA het die oplossing. Hulle drapeernette is bekostigbaar, maklik hanteerbaar met hulle unieke toediener en wetenskaplik ontwikkel om die regte ligspektrum deur te laat vir die vrugsoort terwyl dit die kosbare oes beskerm.
Anton Müller, ՚n konsultant van KROMCO wat boere in die vrugtemekka, Elgin,Grabouw, Vyeboom en Villiersdorp, ondersteun, het toetse op verskillende boorde gedoen met uitstekende resultate.
Appelboorde wat met die nette toegemaak is het 20 tot 30% meer Klas 1-appels gelewer as die boorde wat as kontrole oopgelaat is. Die vernaamste rede was beskerming teen die son.
“Daar was ՚n dramatiese vermindering in sonskade,” sê Anton. Toetse in 2017 het getoon dat net 8,5% van die appels sonskade opgedoen het teenoor 30,8% in die oop boorde. In 2018 was daar 5% sonskade onder die nette teenoor 27% in die oop boorde.
Anton sê chemiese produkte het al in die verlede gehelp om sonskade te voorkom, maar nie om appels wat Klas 3 sou wees tot by Klas 1 te help, soos die nette nie.
Boere kan ook ՚n verlaging in “blos” (blush) van groen appels verwag. Daar was ook merkbaar minder mot- en stinkgoggaskade, omdat die motte net nie by die vrugte kan uitkom nie.


՚n Goeie belegging
Beter gehalte vrugte beteken meer geld in die sak. Anton sê net deur die vermeerdering van Klas 1-vrugte kan ՚n boer tot R1 200 meer per ton vrugte aan die boom verwag.
Elke boer se inkomste en elke boord se drag verskil, maar Anton sê afhangend van die tonnemaat en soort gewas kan dit die inkomste per hektaar met R95 000 tot R100 000 verhoog.
Die aankoopkoste van die net is ongeveer R100 000 per hektaar (met ՚n rywydte van 4,5 meter) en die net behoort met goeie sorg tien jaar en meer se diens te lewer.
՚n Vaste netstruktuur kos ongeveer R300 000 per hektaar en dan is die net die hele tyd aan die son se UV-strale blootgestel.

So werk dit
Die nette word verskaf in 100-meterrolle van 6 of 12 meter wyd. Dit is ՚n uitstekende gehalte net, 1,2 tot 3 mm gepatenteerde “non-run” weef, wat beteken dat dit nie soos ՚n sykous kan leer nie. Dit is beskikbaar in 20% swart of wit. Die swart net word gebruik vir groen vrugte en die wit vir ander kleure vrugte of vrugte wat meer lig en temperatuurwisseling nodig het.
Die net word uitgerol na die blomstadium sodra die vruggies begin vorm tot die oes af is. Die bome is dan oop vir groei, snoei, spuit en bevrugting.
Drape Net SA se toediener kan agter enige boordtrekker met ՚n driepunt gehaak word. Die net word met ՚n teleskopiese arm van ՚n roller af gelig en oor die bome getrek. Werkers loop weerskante van die ry en trek die kante van die net af oor die bome. Vir oprol werk die proses net anders-om.
Die kante word net opgelig sodat dit deur ringe aan die teleskopiese arm ingekatrol kan word.
Vir oes kan werkers die net tot op die takke lig om al die vrugte by te kom.
Toetse word tans deur professor Dharini Sivakumar van die Tshwane University of Technology gedoen om die doeltreffendheid vir avokado’s te toets. Toetse word ook gedoen op granate, lietsjies, makadamianeute, mango’s en pruime.
Appel-, peer-, perske- en sitrusboere gebruik alreeds die nette met groot sukses vir beskerming teen sonbrand, hael, windskade, insekte, vlermuise en voëls.

Bestel jou net vir die nuwe seisoen voor einde Mei by Drape Net SA. Stuur ՚n e-pos aan Jan le Roux by drapenet@gmail.com of kwamvelo@iafrica.com, bel hom by 074-104-6880 of gaan soek Drape Net SA op Facebook. Daar is video’s wat presies wys hoe dit werk.
