Categories: GrappePublished On: 19th March 2018

Dom Boer se lag vir môre:

By 1 min read
118 words

Oeps! Klein misverstand

Konstabel Blink Boeie (oor die telefoon): “Meneer Groot Sakeman? Ons het hier iemand in hegtenis geneem wat vier Russiese toeriste op die lughawe doodgeskiet het. Sy naam is Aaitie Laaitie. Hy sê hy werk vir jou en jy het hom opdrag gegee om die moorde te pleeg.”

Groot Sakeman: “Waar kom jy daaraan? Wag, sê jy sy naam is Aaitie Laaitie?”

Konstabel Blink Boeie: “Ja. Hy sê hy het die vier Russe op jou bevel vermoor.”

Groot Sakeman: “O ja, nou onthou ek. Ek het hom net gister in my maatskappy se rekenaarafdeling aangestel en al wat ek vir hom gesê het is dat dit sy eerste taak sal wees om virusse uit te wis.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0