Dom Boer se lag vir die dag:

funny-farm-animals-1280×800-wallpapers-others-1280×800-wallpapers-1089114
Tweede prys wen
Twee verstandige, gebalanseerde, kieskeurige skuts, Hennie en Bennie, skiet teen mekaar in ‘n skyfskietwedstryd. Die eerste prys is ‘n ete by Spug en die tweede prys is tien rand.
Nadat hulle geskiet het, lag Hennie lekker en sê: “Ek het jou lekker verneuk. Ek het al tien my skote in die wal geskiet en nou sal jy die vernedering van die Spug-ete moet ondergaan.”
Bennie lag nog lekkerder en antwoord: “Ek het gedink jy sal so gemeen wees, toe skiet ek al tien my skote op jou skyf.”