Categories: JokesPublished On: 24th April 2017

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
119 words
kat grap

agrilag_4

Logiese verduideliking

Dit is middernag en die straalvliegtuig baan sy weg hoog bo die Atlantiese Oseaan.

Skielik kry een van die passasiers, Heinie, ‘n angsaanval. ‘n Lugwaardin storm nader: “Toe maar Meneer. Alles is onder beheer. Waaroor is jy ontsteld?”

Heinie: “Dit is so donker. Hoe weet die vlieënier hy vlieg reguit na ons bestemming?”

Lugwaaardin: “Maklik Meneer. Sien jy daar op die punt van die vliegtuig se linkervlerk die liggie flits?”

Heinie: “Ja, maar…”

Lugwaarding: “Goed. Kyk nou hiedie kant toe. Sien jy daardie liggie wat op die punt van die regtervlerk flits?”

Heinie: “Ja…”

Lugwaardin: “Nou ja, die vlieënier maak net seker hy bly tussen daardie twee liggies dan vlieg hy pylreguit na ons bestemming.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0