Categories: JokesPublished On: 24th April 2017

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
104 words
koei

images (9)

Die ware lewe…

Daan wil ‘n papegaai koop vir geselskap. Hy gaan na die arkmark.

Daan: “Wat kos daardie groen, rooi, wit en blou papegaai?”

Arkmarkman: “Sesduisend-vierhonderd rand.”

Daan: “Dekselnugtig, maar dit is duur! Hoekom is hy so duur?”

Arkmarkman: “Want dit is ‘n baie spesiale papegaai. Hy kan vlot lees, skryf en tik, tel, somme maak, rekenaarprogramme skryf en elektroniese stroombane ontwerp.”

Daan: “En wat kos daardie geel, groen, swart, wit, rooi en blou papegaai?”

Arkmarkman: “Sewentienduisend-agthonderd rand.”

Daan: “Allamosesgriet! Vir daardie prys moet hy seker geniaal wees. Wat kan hy doen?”

Arkmarkman: “Nee, niks… maar hy is die ander een se baas.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0