Dom Boer se lag vir die dag:

images (11)
O vir ‘n paar gepaste woorde:
Die gholfspeler probeer afslaan, maar hy slaan die balletjie heeltemal mis.
“Oepsie,” sê die gholfspeler en probeer weer. Hierdie keer tref hy die grond 25 sentimeter voor die bal en buig sy beste stok.
“Ai toggie,” sê die gholfspeler, vat ‘n ander stok en probeer weer. Hierdie keer tref hy die bal skeef en dit vlieg reguit in ‘n boomstam vas. Met die terugspring tref die bal die gholfspeler reg tussen die oë.
“Dit is nou die laaste strooi!” skree die gholfspeler. “Ek bedank!”
“Bedank uit die gholfklub uit?” vra die joggie.
“Nee!” antwoord die gholfspeler. “Bedank as ouderling.”