Categories: JokesPublished On: 10th April 2017

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
136 words
bok grap

88

Goeie goue oue

‘n Mens moet seker hierdie goeie goue oue ook een of ander tyd neerskryf:

Goeie Boer toer ‘n bietjie in Ingeland. In Londen loop hy ‘n Britse Bobbie by en vra: “Ekskjoes mie sir, kên joe plies têl mie where de Tower of Londen are?”

Met tipiese Britse meerderwaardigheid ruk die Bobbie hom op en antwoord dralend en uit die hoogte: “Sir, allow me to point out to you the fact that you are in England now, and here in London we speak Queens English. Therefore, I feel compelled to draw your attention to the fact that you should not have concluded that sentence with the word ‘are’.”

Goeie Boer: “Sorrie. Aail traai aghen: Eksjoes mie sir, kên joe plies têl mie where de Tower of Londen are… snotgevreet.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0