Dom Boer se lag vir die dag:

bees
In die Aardrykskundeklas
Juffrou: “Kinders, vandag gaan ons begin om Japan te behandel. Wie van julle kan vir my sê waar Japan is? Niemand nie? Gawie, kom soek jy vir ons Japan hier voor in dfie klas op die aardbol.”
Na ‘n rukkie skree Gawie: “Juffrou, ek het hom!” en druk met sy vinger op ‘n kolletjie reg in die middel van die Atlantiese Oseaan.
Juffrou: “Dit kan nie wees nie. Japan is in die Ooste.”
Gawie: “Nee, regtig Juffrou. Kom kyk.”
Juffrou stap nader, kyk mooi, en jou wrintie, daar staan dit duidelik op die aardbol mooi in die middel van die Atlantiese Oseaan: “Japan.” Reg onder die woorde, “Made in”.