Dom Boer se lag vir die dag:

perd
So het elkeen sy probleme
Die skollie en sy dollie loop laataand in die straat. Dollie sien ‘n armband in ‘n juwelierswinkelvenster.
Dollie: “Haai oe, Skollie, tjek net die ôsam armband.”
Skollie gooi ‘n baksteen deur die winkelvenster, steel die armband en gee dit vir Dollie.
‘n Entjie verder sien Dollie ‘n jas in ‘n winkelvenster.
Dollie: “Haai oe, Skollie, tjek net die stannieng jas.”
Skollie gooi ‘n baksteen deur die winkel se venster, steel die jas en gee dit vir Dollie.
Net om die hoek sien Dollie ‘n paar skoene in ‘n skoenwinkel se venster.
Dollie: “Haai oe, Skollie, tjek net die fêbjoelus skoene.”
Skollie: “Hei man, wat skiem jy? Skiem jy die bakstene groei op my rug?”