Categories: JokesPublished On: 29th March 2017

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
181 words

images (9)

Die stryd duur voort

Die Ontvanger van Inkomste verneuk Gawie gruwelik en hy bel hulle kantoor.

‘n Persoon wat nie Afrikaans of Engels kan praat nie antwoord en skakel hom deur na ‘n ander persoon wat nie Afrikaans of Engels kan praat nie. Dié gee hom ‘n ander nommer om te skakel en Gawie skakel die ander nommer. Nog ‘n persoon wat nie Afrikaans of Engels kan praat nie gee hom nog ‘n ander nommer om te skakel.

Gawie skakel die ander nommer en kom onverwags uit by ‘n dame met ‘n klokhelder stem wat pront en suiwer en duidelik Afrikaans praat.

Sy luister simpatiek na Gawie se storie en antwoord: “Meneer, ek verstaan jou probleem volkome en jou siening van die saak is heeltemal reg. My raad aan jou is om die Ontvanger van Inkomste te bel en die saak net so aan hulle te verduidelik.”

Gawie: “Maar is dit nie die Ontvanger se kantoor waarmee ek nou praat nie?”

Intelligente dame: “Nee Meneer. Hierdie is nie die Ontvanger se nommer nie. Ek is die hoof van die plaaslike CVO-skool.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0