Categories: NewsPublished On: 5th October 2015

Dit gaan oor kos!

By 2 min read
373 words

Daar kan nie van kommersiële boere verwag word om in die naam van ‘n korrupte demokrasie hulle eie ondergang te kondoneer en nog in werking te stel nie, sê mnr Louis Meintjes, wat op die pas afgelope kongres van TLU SA eenparig herkies is as president van TLU SA.

Hy het in sy presidentsrede  gesê TLU SA kan homself nie verbind tot ‘n “grondhervormingsproses” wat bloot hektare wil uitdeel  en nie begrip het vir die binding tussen grond en kos en kundigheid nie.

Hy sê kundigheid stel kommersiële landbou in staat om kos te produseer vir 50 miljoen mense, plus die bure! Hierdie kundigheid kan oorgedra word in ʼn proses van samewerking en onderwys om nuwe boere op te lei.

“TLU SA wil hom dus nie aan die produksieproses onttrek nie, inteendeel, dit moet meer sinvol bedryf word. Maar dan moet die ANC-regering aan kommersiële landbou die ruimte bied waarbinne hy sy menskapitaal kan bedryf. Dit is een van die grootste bates waaroor die land tans beskik. Dit is nie ʼn guns nie, want die regering kan dit in elk geval self nie doen nie, dit gaan oor die oorlewing van die mense van die land. Dit gaan oor kos!”

Op die kongres is mnr Henry Geldenhuys ook eenparig as adjunk-president herkies. Steven Vermaak is die nuwe voorsitter van die Noord-Streek en Johan van Dyk is as die nuwe voorsitter van Oos-Streek verkies. In al die ander streke is die leierskap onveranderd, naamlik Wannie Scribante in Sentraal-Streek, Theuns Kruger in Wes-Streek, Hennie Naude in Vrystaat, Herman de Wet in Natal, Louise Rossouw in Oos-Kaap, Bennie Liebenberg in Wes-Kaap en Jannie Roux in die Noord-Kaap.

Van die besluite wat op die kongres geneem is, is:

–      –    Skakeling en hulp gaan van internasionale instansies en lande gesoek word vir opleiding en befondsing.

–      –    TLU SA het reeds ver gevorder met die ontwikkeling van praktiese landbou-opleiding en ‘n aankondiging kan vroeg volgende     jaar verwag word.

–      –    TLU SA gaan hom ook beywer om ‘n internasionale faktor te word.

–      –    TLU SA het die noodsaaklikheid ingesien om ook die boer se kliënte, die verbruiker, nader aan hom te trek.

Mnr Meintjes se volledige presidentsrede kan gelees word op www.tlu.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0