Die waarde van finansiële beplanning in onseker tye

calculator-1680905_1920
Foto: Pixabay
Die gebeure van die afgelope weke het ons lewens en die geskiedenis van Suid-Afrikaners onherroeplik verander.
Die COVID-19 pandemie beïnvloed die wêreldwye sentiment, die markte en die manier hoe ons leef en werk. In Suid-Afrika het ons waarskynlik nog nie die ware impak van die situasie begin ervaar nie – die volgende twee tot drie weke kan nog groot ontnugtering teweeg bring. Voeg die lang verwagte afgradering van Moody’s en die verdere afgradering van Fitch daarby, en dit is duidelik dat die toekoms wat ons verwag het in vele opsigte, heeltemal anders gaan lyk as wat ons beplan het.
“Ons boere is van die mees veerkragtige mense in die wêreld,” sê mnr. Kobus Oberholster, die hoof van TLU SA se Finansiële Welstand Lessenaar. “Hierdie moeilike tye bied die geleentheid om saam te staan om die uitdagings te oorkom waarvoor min ander sal kans sien.”
Die kern van die dienste by TLU SA se Finansiële Welstand Lessenaar is om ons lede te help om die soms ingewikkelde aard van finansiële welstand en die reis daarheen te navigeer om sodoende ‘n blywende nalatenskap te verseker.
Tydens gesprekke met kliënte die afgelope paar dae het daar gereeld vrae ontstaan:
- Is my gesin voldoende beskerm?
- Maak my mediese versekering voorsiening vir behandeling?
- Sal die inkomstevoordeel op my polis uitbetaal in die geval van besmetting met die koronavirus?
- Is my testament bygewerk met die nuutste veranderinge in my gesin of familie?
- Wat moet ek met my beleggings doen noudat die markte soveel waarde verloor het?
- Gaan ek my finansiële doelwitte bereik, en indien nie, watter wysigings moet aangebring word?
Miskien is dit vrae wat u self ook al oorweeg het.
“Ons glo nou meer as ooit tevore in die waarde van finansiële beplanning,” sê mnr. Oberholster. “Ons is hier om u te help om deur die onstuimige waters te kom.
“In tye van onsekerheid heers emosies van vrees, depressie, desperasie en woede. Dit is menslik en ons almal ervaar dit, selfs ons as Finansiële Adviseurs. Die enigste manier om gevoelens van wanhoop te bekamp, is om aktief op te tree.”
Ons is toegewyd om u gedurende die inperking te help, en beskikbaar om enige probleme te bespreek. Dit hersiening van ‘n finansiële plan sluit die volgende in:
- Verseker u het ‘n deeglike begrip van die dekking;
- Verseker dat u finansiële plan nog steeds voldoende is in moeilike tye; en
- Dat u testament op datum en relevant is vir absolute gemoedsrus.
Kontak Kobus Oberholster, hoof van die TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar by kobus@attooh.co.za met enige navrae of onsekerheid.
Bron: TLU SA Finansiële Welstand Lessenaar