Categories: Artikels, Landboukalender, September, Vee en rassePublished On: 23rd August 2021

Die ontstaan en geskiedenis van Pothou Sussex

By 1 min read
170 words

DSC00084 (3)

Pothou Sussex het ontstaan in 2004 op die plaas Uithou in die Vredefort distrik. Die veld bestaan uit suur gras, in klipperige randjie omgewing. Die vroulike diere is verkry van telers in die omgewing naamlik Huntersvlei, Skietlaagte, Nugget en Niekerksrust.

‘n Belangrike beginsel wat ons toepas is dat goeie diere nie uit swak vroulike diere geteel kan word nie. Een van ons doelstellings is om Poenskop Sussex diere te teel. Poenskop genetika uit Australië en Engeland is gebruik. Ongeveer 60% van ons koei kudde is draers van poenskop gene.

Ons neem gereeld aan skoue deel en het al verskeie kampioene vertoon.

Ons het ‘n doelstelling om geharde aanpasbare diere beskikbaar te stel wat vir die koper waarde kan toevoeg. Ons bemark ons bulle op 2.5 jaar tot 3 jaer ouderdom. Ons het diere in al nege provinsie, Botswana en Namibië wat uitstekend aangepas het.

Ons 12de produksie veiling vind plaas op 30 September 2021, om 11H00, te Tavalingwe Game lodge in die Vredefort distrik saam met Junior Keyser se Blema Ba Kan Sussex stoet van Kroonstad.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0