Categories: News, Resource managementPublished On: 13th July 2017

Dek jou hommeltuig teen skade

By 3 min read
621 words
hommeltuig

hommeltuig

Met onbemande lugvoertuie (OLV’e) of hommeltuie wat al hoe meer in verskeie sektore van die ekonomie wêreldwyd gebruik word, het onlangse versekeringseise in Suid-Afrika getoon dat om ’n hommeltuig ‘te verloor’ beslis nie so verregaande is as wat ’n mens sou dink nie.

James Godden, hoof van Santam Lugvaart, het gesê hommeltuie kos enigiets van ’n paar duisend rand tot die meer gesofistikeerde en duurder kommersiële hommeltuie. Operateurs en geesdriftige hommeltuigvlieëniers moet seker maak dat behoorlike versekeringsdekking in plek is in geval van ’n verlies.

In Suid-Afrika word hommeltuie onder meer in die landbousektor gebruik, vir die bestuur van wild, om krimpende dierbevolkings van uitwissing te probeer red en om kragdrade in stand te hou. Om gepaste korttermynversekeringsdekking te bekom moet private en kommersiële hommeltuigoperateurs die wette nakom wat die gebruik van hierdie onbemande lugvaartuie beheer.

Godden het gesê hommeltuigoperateurs wat dit vir ontspanning gebruik, moet spesifiek kennis neem dat die versekering onder die meeste algemene persoonlike lyne-produkte nie dekking verleen vir lugvaartuie terwyl dit in gebruik is nie, met ander woorde in die lug is nie, en bykomende gespesialiseerde versekering word vereis.

Die Regulasies vir Afstandbeheerde Lugvaartuigstelsels het met ingang 1 Julie 2015 van krag geword. Die Lugvaartowerheid onderskei tussen twee soorte hommeltuiggebruike: dié vir private gebruik en dié vir kommersiële gebruik.

Godden het verduidelik: “As na private gebruik verwys word, mag die hommeltuig net gebruik word vir die individu se persoonlike en private doeleindes met geen kommersiële belang of gewin nie. Private hommeltuigoperateurs moet voldoen aan al die wetlike vereistes met betrekking tot aanspreeklikheid, privaatheid en enige ander wette wat deur enige betrokke owerheid toegepas mag word – en moet verantwoordelik met die gebruik van sodanige toerusting optree. Kommersiële gebruik word omskryf as enige ander gebruik en moet ’n geregistreerde onderneming wees wat kragtens Deel 101 van die Lugvaartregulasies (SACCA, 2016) bedryf word.”

In reaksie op die toenemende gewildheid van hierdie afstandbeheerde lugvaartstelsels het Santam Lugvaart ’n versekeringsproduk ontwikkel wat volledige dekking bied vir hommeltuigeienaars en -gebruikers wat dit vir private of kommersiële doeleindes benut. Santam is een van die min versekeraars wat bereid is om hierdie nisproduk te verseker.

santam

“Dit is egter belangrik om daarop te let, veral hommeltuigoperateurs wat dit vir ontspanning gebruik, dat versekering onder algemene persoonlike lyne-produkte baie beperkte vlugdekking bied en dekking sal verleen vir verlies van die hommeltuig en eise vir gemeenregtelike aanspreeklikheid. Dekking vir sambreelaanspreeklikheid en persoonlike regsaanspreeklikheid is uitgesluit,” het Godden gesê.

Die Santam Lugvaart-polis verskaf volledige en omvattende dekking vir die hommeltuig, ongeag of dit gebruik word of nie. Dit sluit in omvattende derdepartydekking teen die perk wat die kliënt verkies.

“Ons verseker tans ’n paar hommeltuie ingevolge die Santam Landboupolis onder die afdelings Sake Alle Risiko’s en Huiseienaars,” het Godden opgemerk.

Kommersiële of besigheidspolishouers moet egter daarop let dat die maatskappy nie die versekerde skadeloos sal stel vir enige aanspreeklikheid met betrekking tot eienaarskap, huurkoop of verhuring van enige lugvaartuig nie, aangesien dit nie deur die Lugvaartwet gereguleer word nie.

“Dit is dus belangrik dat hommeltuie wat vir kommersiële doeleindes aangewend word, gedek word onder ’n afsonderlike lugvaartpolis wat groter sekerheid bied teen aanspreeklikheidseise as gevolg van hommeltuigbedrywighede.”

“By Santam wil ons aan ons kliënte wat hommeltuie besit, gemoedsrus bied dat hulle die regte dekking het. Dit is egter steeds die eienaar en operateur se plig om verantwoordelik op te tree met die gebruik van hierdie toerusting. Ons is hier om aan ons kliënte raad en leiding te gee om enige risiko’s te beperk wat kan lei tot skade, verlies of aanspreeklikheid wat kan voortspruit uit die gebruik van hierdie onbemande vaartuie,” het Godden afgesluit.

Kontak jou Santam-makelaar om meer uit die vind oor die versekeringsopsies vir hommeltuie.

0
Views: 211Comments Off on Dek jou hommeltuig teen skade

Deel hierdie artikel.

0