Categories: NewsPublished On: 15th August 2017

Data voorspel styging in brandstofpryse

By 1 min read
164 words
brandstof

brandstof

Sterker internasionale brandstofpryse en ‘n geleidelike verswakking van die Rand gaan einde Augustus ‘n stygende uitwerking op alle brandstoftipes hê. Dus moet boere en verbruikers hulle gereed maak om aan die begin van September meer vir brandstof te betaal.

Dit is die siening van die Automobiel Assosiasie wat kommentaar lewer op die ongeouditeerde middelmaandse brandstofprysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (CEF) vrygestel is.

“Die Rand het sedert die begin van Augustus met gemiddeld 20c teenoor die Amerikaanse dollar verswak,” sê die AA.

Die AA sê ook die middelmaandse brandstofvoorspelling is dat petrol met 63c per liter, diesel met 57c en paraffien met 58c sal styg. Die styging in paraffien sal veral ‘n negatiewe uitwerking op huishoudings hê wat daarop staatmaak vir lig en om warm te maak.

“Die Rand se neiging die afgelope twee weke het verder verswak teenoor die Amerikaanse Dollar, so ons verwag nie dat dit beter sal lyk aan die einde van die maand nie,” sê die AA.

Bron: AA

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0