Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 10th August 2022

CWCSA rugsteun vroue in die werksplek

By 4 min read
708 words

IMG-20220525-WA0000 (004)

Diana Steenkamp – Tadcaster Trading Post

In die hartjie van die Vaalharts-besproeiingskema sal jy Tadcaster Trading Post aantref, waar drie dinamiese vroue sedert 2012 ՚n impak op die veevoerbedryf maak. Tadcaster Trading Post fokus hoofsaaklik op die maak van veevoer. Diana Steenkamp, die eienaar en hoofuitvoerende beampte, se liefde vir Boerdery is van kleins af gekweek en nadat sy die voedselbedryf verlaat het, het sy geweet sy wil terugkeer na boerdery.

Vir Jessica Bezuidenhout, uitvoerende hoof van Bemarking, was dit as plaas­kind ՚n natuurlike stap om haar drome en ideale in die landbougebied te bereik. Sulé Steenkamp, logistieke bestuur­der, is die nuutste lid van die span, en haar liefde vir die boerderybedryf is net so sterk gewortel.

“In 2018 het die behoefte ontstaan vir ՚n weegbrug, en in Januarie 2019 het die eerste trok oor Tadcaster Trading Post se CWCSA-skaal gery,” vertel Diana.

“Die aansoekproses met CWCSA het minder as ՚n week geduur vir goedkeuring en die skaal was binne ՚n maand in werking,” sê Diana.

“Die CWCSA-skaal stel Tadcaster Trad­ing Post in die posisie om 24/7 toegang tot ՚n skaal te hê, sodat daar gedurende die seisoen ontvang en uitgelaai kan word soos die behoefte ontstaan. Gedurende 2021 was daar meer as 26 800 ton oor die CWCSA-weegbrug.”

Die opbou van vroue in die land­bousektor is baie belangrik vir Tad­caster Trading Post. Diana sê: “Ons verseker dat al ons boere dieselfde geleenthede kry en bied bystand waar dit ook al benodig word, van oes tot uitlaai. Geldelike ondersteuning word ook aan vroue in die gemeenskap ge­lewer deur voedingsprojekte.

“Die landboubedryf is ՚n uitdagende bedryf, en as ՚n vrou vat dit soms net meer geduld en tyd om dieselfde te bereik as ՚n man. Raad wat ek aan ander vroue in die bedryf kan gee is om elke dag jou drome te visualiseer en daarnatoe te werk — moenie toelaat dat iemand dit van jou af wegvat nie.”

Irma Conchar – Sibathatu Mining cc

Sibathatu Min­ing is in Darling geleë, en het vier oopgroef­myne vir sand en gruis.

“In 2010 was ek bevoorreg om by Sibathatu Mining aan te sluit,” sê Irma Conchar, aandeelhouer by Sibathatu Mining cc. “In 2013 het ons die noodsaaklikheid van ՚n weegbrug gesien, want na jare van werk met kubieke meters het ons besef dat dit vir onsself en die kliënt baie beter is om die produk te weeg. Hy betaal dan vir presies wat hy kry.

“CWCSA se diens was en is nog altyd van ՚n baie hoë gehalte. Wanneer daar ՚n probleem met sagteware of rekenaars is, word dit binne ՚n uur uitgestryk.

“My grootste uitdaging is dat dit soms voel mense dink ek weet nie waarvan ek praat omdat ek ՚n vrou is nie, dan bewys ek hulle maar net verkeerd. ՚n Mens hoef nie altyd geleerd te wees om kennis te hê nie. Ervaring is soms baie meer werd. Vroue mag dalk in die minderheid wees, maar nêrens is daar opgeskryf dat ՚n vrou nie kan doen wat ՚n man kan nie!” sluit Irma af.

Lona Venter, kliëntediensbestuurder by CWCSA (Cardinal Weighbridge Company) is een van vele vroue wat ՚n merk maak in die bedryf.

Danie Botha, hoofuitvoerende bestuurder, het namens die CWCSA-span en alle klante dank aan Lona uitgespreek: “In recognition of August being Women Empowerment Month, we would like to acknowledge Lona for her contribution as Cus­tomer Services Manager at CWCSA. Lona has been with the company for some seven years now and interacts with our customers from pre-instal­lation to many years thereafter. Her abilities, amongst others to stay in touch with customers remotely via phone and e-mail and still build a relationship with them, are amaz­ing! Clearly since early 2020 the outbreak of COVID has made ‘face to face’ contact difficult and as such the ability to maintain these relation­ships is even more important.

 “As we know, women are way better than men doing ‘multi-tasking’ and Lona is no exception. We salute and congratulate Lona and all the many other women in the workplace that are the ‘unsung heroes’ of daily business as not everyone can be the ‘boss’!”

Vir meer inligting oor CWCSA en die dienste wat hulle verskaf, kon­tak 011-914-3198 of besoek hulle webwerf by www.CWCSA.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0