Jokes
Dom Boer se lag vir die dag:
Regtig gehoor Hennie: “Ek hoor ‘n storie dat Gryp Bakhand net met Handjies Gevou getrou het omdat sy ‘n Bosveldplaas van tienduisend hektaar van haar oupa geërf het.” Bennie: “Wel dis volstrek nie die waarheid nie. Ek ken vir Gryp Bakhand al jare lank en ek kan met oortuiging[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Formele onthaal Gasvrou: “Waar is jou broer? Hy was mos ook genooi.” Hennie: “Net een van ons kon kom, want die ander een moet die plaas oppas. Ons het toe ‘n muntstuk opgeskiet...” Gasvrou: “O, en jy het gewen?” Hennie: “Nee, ek het verloor.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Nare waarheid Die enigste mense wat ooit na albei kante van 'n argument luister, is die bure.
Dom Boer se lag vir die dag:
Vra liewer nie Terwyl Professor Vervelig ‘n droë lesing aanbied, merk hy dat al die studente onbeskaamd sit en slaap, behalwe een dametjie wat hom met groot, wakker oë en ‘n breë, vriendelike glimlag aankyk. Na die lesing keer hy haar voor en sê: “Het u die lesing interessant[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Gedeelde probleme Is die storie waar wat hulle my vertel dat die motorhandelaar se vrou ‘n ingevoerde kookboek present gekry het, maar nou sukkel sy om onderdele vir al die resepte te kry?