Categories: RecipesPublished On: 2nd February 2016

Cappucino-yskastert

By 1 min read
99 words

8 CAPPUCINO-YSKASTERT

Lewer 6 porsies

KORS

  • 1 sjokoladerolkoek

VULSEL

  • 200 g cappuccinosjokolade, in stukkies gebreek
  • 4 eiers
  • 350 g botter, gesmelt
  • 375 ml strooisuiker
  • 50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap
  • 250 ml room, vir afronding
  • sjokoladeblare, vir afronding
  • Smeer ’n geskikte tertbak.
  1. KORS: Sny die rolkoek in skywe en pak onderin die tertbak.
  2. VULSEL: Smelt die sjokolade teen 70% krag in die mikrogolfoond of in ’n dubbelkoker.
  3. Klits die eiers, gesmelte botter, strooisuiker en gesmelte sjokolade saam tot glad. Voeg die neute by.
  4. Giet die vulsel oor die rolkoek en laat oornag in die yskas tot gestol.
  5. Rond met geklitste room en sjokoladeblare af.

Uit: Lekker & Vinnig 6: Yskasterte – LAPA samestelling (Cappuccino-yskastert, bl. 20-21)

L&V6_Yskasterte_sm

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0