Categories: Mechanisation videos, VideosPublished On: 7th March 2024

By New Vaal Motors koop jy nie net trokke nie, jy word deel van die familie

By 1 min read
220 words

Vaal Merc Trucks Thumbnail

New Vaal Motors het Balfour Hooidag besoek met ‘n indrukwekkende uitstalling van hulle trokke.

Pierre Marnewick is die handelaarshoof by New Vaal Motors Vereeniging. Hy sê dat die boere altyd so besig is op die plase en na New Vaal Motors kan gaan nie, so toe bring hulle maar hul voertuie na die boere om bietjie te kan ondersoek instel.

New Vaal Motors is ingestel op wat die kliënt wil hê. Aangesien hul kliënte boere is, maak hulle seker hulle het iets om vir die boer te bied. Hulle bou byvoorbeeld altyd ‘n beesbak vir die uitstallings. Die trokke wat hulle by vanjaar se Balfour Hooidag gehad het sluit in Mercedes Benz, FUSO en Truckstore (die tweedehandse afdeling).

Enige iets wat ‘n boer kan benodig in sy veld, bied hulle. Mercedes Benz trokke het ‘n funksie wat bygekoop kan word wat enige foutkodes van die trok vir beide die boer en die handelaar wys. Die boer kyk nie self na sy voertuig nie, maar New Vaal Motors het ook ‘n hele span wat daarmee omsien.

Pierre sê dat almal altyd welkom is by hulle en dat hulle kliënte wil deelmaak van die New Vaal Motors familie.

Vir meer inligting besoek New Vaal Motors se Facebook-blad, of skakel hulle by (+27) 16-430-6500.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0