Categories: NuusPublished On: 29th July 2024

Bulle oefen hard vir wêreldkampioenskap

By 1 min read
286 words

ashton toutrek 27 Julioe 24 reg

Die Hoër Landbouskool Oakdale se 560 kg-toutrekspan is besig met voorbereidings om vanjaar weer aan die Wêreldkampioenskap in Europa deel te neem.

Die span het verlede jaar vir die tweede jaar agtereenvolgens met die louere weggestap toe hulle in Switserland in die kategorie vir Junior Mans deelgeneem het. In 2022 het hulle die titel ook in Nederland die verower.

Die span is  vroeër vanjaar tydens die Suid-Afrikaanse sport-toekennings geleentheid by Sun City as die SA Skolespan van die Jaar aangewys.

Die afgelope Saterdag het hulle op Ashton aan die SA Senior Provinsiale kampioenskap deelgeneem ter voorbereiding aan die wêreldkampioenskap wat tydens die eerste week in September in die stad Mannheim in Duitsland plaasvind.  Die Bulle neem van 5 tot 7 September eers in die ope kompetisie deel voordat hulle op Sondag 8 September in die geslote kompetisie deelneem waar hulle  hul status as Proteaspan teen internasionale spanne sal verdedig.

“Die span het die naweek darem ‘n goue, ‘n silwer en twee bronsmedaljes by die ou manne gevat,” vertel Henry Meyer van Mosselbaai, wie se seun Henk in die span is.

“Hulle het ook sommer saam met die senior klubs gemeng om te trek. Henk sê dit is vir hom die snaaksste dat die ooms tussen die trekke gou ‘n sigaret rook om reg te wees vir die volgende trek! Ons het die naweek weer gesien –  die toutrekgemeenskap is soos een groot familie.”

Volgens Henry ondergaan die meisies en vroue  in die toutrekspanne ‘n verstommende gedaanteverwisseling as hulle op die veld stap. “As jy van daai vroue of meisies in die Mall kry sal jy nooit sê hulle trek tou nie. Maar as hulle aan daai tou is kom daai kloue uit. Dan lyk daai Revlon-gesiggie heel anders!”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0