Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 14th February 2024

Buckridge Bonsmara is gebore uit ‘n passie en liefde vir boerdery en vir die Bonsmara beesras

By 3 min read
649 words

Buckridge Bonsmara

Frans Seevinck, eienaar van Buckridge Bonsmaras vertel: “My liefde vir die Bonsmara-ras het ontstaan toe my pa sy eerste klomp Bonsmara koeie gekoop het. Ek was sewentien jaar oud en nog op skool gewees, en hierdie koeie was vreeslik mooi vir my gewees!”

Hy voeg by: “Ons was daardie tyd bevoorreg gewees om ‘n hele Bonsmara kommersiële kudde van ‘n top beesboer in ons omgewing, oom Piet van Rensburg, oor te kon koop wat van hoë gehalte was, en tot vandag toe glo ek vas dat dit die oorsprong van die goeie fondasie is waarop Buckridge se kudde vandag gebou is.”

Buckridge Bonsmaras se teelbeleid

Frans vertel: “Ons het baie selfvertroue in ons Buckridge genetika, en die terugvoering wat ons van ons kliënte af ontvang, waar ook al ons gaan is baie positief.”

“Ons bulle het goeie erfdwang en druk hulle karkas gehalte-stempel af waar hulle in ander kuddes werk. Ons vroulike diere presteer ook besonders goed by ander telers en die terugvoer wat ons van ons kliënte ontvang, maak dit nog lekkerder om met hulle te boer,” deel hy.

Frans vertel dat die terugvoer wat hy van kliënte af ontvang is dat Buckridge se vroulike diere die beste is wat hulle nòg ingekoop het vanaf produksieveilings.

Buckridge Bonsmaras se aanbod op hulle komende produksieveiling

“Frans verduidelik: “Vanjaar se aanbod op ons komende produksieveiling is weer van top gehalte, en iets besonders wat ek graag wil uitlig is dat ons 12 bulle op aanbod het wat vanuit die welbekende SYF 17 256 geteel is, wat na ons mening een van die beste myostatin normale bulle tans in die Bonsmara bedryf is.”

“As ek nou my gunsteling bul mag uitlig, sou ek se dat Lot 3 my baie na aan die hart lê en ek dink hy is baie naby aan die perfekte produk van ons teelbeleid en teeldoelwitte,” vertel Frans trots.

Hy voeg by: “Ons vroulike aanbod is ook weereens iets besonders, veral die koeie met kalwers. Daar is beslis teelmateriaal, van besonderse gehalte wat enige kudde ver vorentoe kan vat. Ek dink nie dit is sommer iets wat jy op enige kommersiële aanteelveiling sal kry nie!”

“Ons kan met vrymoedigheid alle diere op aanbod aan ander beesboere aanbeveel en staan trots agter hulle. Ons weet dat hierdie diere ‘n positiewe bydrae sal maak in enige kuddes waar hulle gaan,” sê hy.

Wat hou die toekoms vir Buckridge Bonsmaras in?

“Ons bied vanjaar ons vierde produksieveiling aan, en ons verseker vêr van klaar af! Ons langtermyn doelwit is om jaarliks voort te gaan met ons produksieveiling. Ons het reeds groot planne in die pyplyn en in die nabye toekoms waaraan ons werk en beplan,” deel Frans.

Hy deel: “Ons is baie opgewonde oor ons nuwe gesamentlike kudde saam met Nico Pieterse van Syferfontein Bonsmaras, naamlik SYF Molopo. Hierdie kudde sal parallel saam met die Buckridge kudde werk en dit is vir Buckridge ‘n baie groot genetiese inspuiting en ons bemark vanjaar alreeds van die eerste SYF Molopo bulle op ons veiling!”

“Ek boer al vir die afgelope twintig jaar met beeste en die laaste tien jaar met stoet en al raad wat ek aan ander boere en jong opkomende boere het is dat jy baie geduldig moet wees wat teling aanbetref en dat jy baie deeglik moet beplan met veral parings. Een fout kan jou maklik drie tot vier jaar terugsit. Dit bly steeds ‘n groot uitdaging, maar terselfdertyd bied dit tog soveel genot wanneer jy die vrugte van jou harde werk pluk, en jy goeie resultate tot gevolg het,” sluit Frans af.

Maak seker jy mis nie uit op hierdie Bonsmara veiling nie, waar daar top vroulike diere en bulle aangebied word. Hier is ‘n paar van die top lotte wat beslis gemerk kan word:

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0