Braunvieh Nasionale Veiling

braunvieh-bul
Die vierde nasionale veiling van die Braunviehs het Woensdag 5 Oktober 2016 by GWK se veilingskrale in Kimberley plaasgevind. ‘n Aanbod van 16 bulle en 19 vroulike diere was in die ring.
15 van die bulle is verkoop,die hoogste bod was R55 000 vir lot 9, ‘n bul van Eduan Boerdery van Gawie en Willem Naudé. Die koper was Schalk Van Rheede en sy dogter Jeanette Engelbrecht van Oudsthoorn.
Die gemiddelde prys van die bulle was R27 500. 16 van die vroulike diere is verkoop, die hoogste prys was R21 000 vir lot 36, ‘n koei en kalf van Erina Boerdery van Erhard en Ina Janse van Rensburg van Groblersdal. Die koper was WJJ Botha.
Die Braunvieh-genootskap bedank alle telers wat die veiling ondersteun het. Die genootskap vertrou dat die kopers tevrede is met hulle aankope en dat dit hulle boerdery sal baat. Die genootskap wil ook die volgende borge bedank: FNB, RCL foods, Feedmaster, Zoetis en GWK.
Foto: Braunvieh-bul