Bonsmara Genepoel hou ‘n goeie veiling

LOT 11 – LEL19-80 – DUURSTE BUL R 140 000-00
Die herfsveiling van Bonsmara Genepoel gehou op 27 April 2022 by Vryburg Skougronde, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe, was suksesvol afgehandel.
Die duurste bul, Lot 11 – LEL19-80, uit die kudde van Carey Lee, van Tlakgaming Bonsmaras, Vryburg, is vir R 140 000 aan Pieter Rupping van Upington verkoop.
Die gemiddeld oor die bulle wat verkoop is, was R 61 888.
Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse.
Koeie met kalwers behaal ‘n gemiddeld van R 27 705, dragtige koeie en kalwers (3-in-1) verkoop vir R 29 000 gemiddeld.
Dragtige verse is teen ‘n gemiddeld van R 21 771 verkoop en oop verse behaal ‘n gemiddeld van R 13 820.
Noordkaap Lewendehawe wens Bonsmara Genepoel geluk met hul veiling en die goeie kwaliteit diere wat aangebied was.
Theuns Visser was die Afslaer.