Bonrino Boerdery: ‘n Verhaal van aanpasbaarheid van mens en dier

EZ10-117
EZ10-117
Die welbekende plaas Wolwekop in Dewetsdorp-distrik en die Theron familie is al sinoniem met mekaar sedert 1931.
Dewetsdorp was voorheen baie bekend vir sy Merinoskaap produsente. Dit is immers hoe die Theron familie begin boer het onder leiding van Oupa Groot Hendrik Francois Theron.
Sy seun Johannes Stephanus Theron ook bekend as Jan Theron was ‘n formidabele “stockman”.
Hy het groot sukses met sy Merinoskaap gehad, maar Merino-ooie moes op groenvoer lam en in daardie jare voor die eerste McCormick trekkers moes die Afrikaner osse die grond voorberei vir groenvoeraanplantings vir die Merinoskaap.
In die laat ‘40s het die McCormicks gekom om te bly en die Afrikaner osse was nie meer nodig in sulke groot getalle.

EZ10-111
Dus het Jan Theron ‘n manier gesoek om sy Afrikanerkudde te omskep in ‘n beter vertakking en koop sy eerste twee Bonsmarabulle in 1958 ongesiens by Mev. Dorington van Zeerust.
Die rooi beeste was Oupa Jan se hart se punt alhoewel sy grootste vertakking Merino-skape was het hy sy Bonsmarakudde aanhou verbeter met behulp van sy boesemvriend wyle Tok Erasmus deurdat hy gereeld bulle van stoetgehalte by oom Tok bekom het.
Jan Theron en sy twee seuns Hendrik en Isaac het vir lank saam geboer totdat elkeen sy eie boerdery begin het.
In die vroeë ‘90s het dit al hoe moeiliker begin word om met skape te boer op Wolwekop as gevolg van die uitbreiding van Botshabelo en sy omliggende trustgebiede.
Die fokus het al hoe meer begin skuif na beesboerdery en minder skaap het beteken minder lande, minder aarbeid en teen die einde van die eeu ‘n meer ekstensiewe boerdery. Hendrik Francois Theron begin om sy Bonsmara kudde te verbeter en koop ‘n bul by wyle oom Rex Butler en lyn teel met hom en sy seuns vir 10 jaar, waarmee hy dit regkry om koeie te teel met goeie vrugbaarheid, uitstekende uiers en besonderse toplyne. In 2001 stig Hendrik Francois Theron Bonrino Boerdery Bk (BONsmara beeste en meRINO skape).

BRB12-148
Sy seun Johannes Stephanus (Jannie Theron) gaan aan met die Merino’s in Edenburg distrik en hy en sy seun Hendrik Jonathan Theron begin in 2006 die Bonrino Boerdery Bonsmarastoet met die beste koeie uit die kommersiële kudde wat deur oupa Jan Theron opgebou en agtergelaat is na sy afsterwe. Die hoofrede vir die registrasie van die stoet is om bulle te teel vir hulle kommersiële Bonsmara kudde.
Die twee Hendrikke koop by wyle Kit Thompson asook Frikkie Kruger, Jacusta Bonsmara, Bonsmara Genepoel, Frans van den Berg en Zinabos Bonsmara die beste bulle asook Golden Oldies wat hulle kon bekostig, waarna elk van die stoeterye se bulle en ou koeie tot groot sukses bygedra het.
In 2007 hou Bonrino Boerdery sy eerste produksieveiling van vroulike diere en speenkalwers.
In 2009 word die eerste bulveiling gehou.
In 2011 koop die twee Hendrikke 10 3-in-1 koeie op Dirk Loubser se uitverkoping waarvan 7 van die 10 kalwers bulkalwers was. Vier van daardie bulkalwers word in die stoet gebruik as kuddevaars. Twee van die vier bulle EZ10-111 en EZ10-117 word die ankerbulle van die stoet en die volgende 9 jaar word die twee bulle se gene die volgende hoeksteen van die stoet.
Vanaf 2009 tot huidiglik word slegs die beste selfgeteelde goedgekeurde bulle in die kommersiële kudde asook die stoet gebruik. Met lynteling is belangrikste eienskappe die afgelope 17 jaar vasgeteel nl. vrugbaarheid, speengroei, genoegsame melk, kalwingsgemak, veldaangepaste funksionele doeltreffende mediumraam gladde Bonsmaras.
In 2014, 2015, 2016 hou Bonrino Boerdery ‘n aparte bul en koei veiling elke jaar, maar teen 2017 keur hulle terug na ‘n meer neutrale datum in Junie en hou weer een produksieveiling per jaar.
Dit is dan vir ons ‘n groot voorreg om op 15 Junie 2023 ons 20ste produksieveiling te hou waar ons weereens ons totale 2013 en 2014 koeikudde aan te bied sowel dragtige verse en 2.5 jaar oue bulle.