Bokhaarpryse onveranderd

Angora+Goat
Die bokhaar mark was onveranderd met die laaste veiling van die 2017 verkoopseisoen en die mark aanwyser het op R233,94 gesluit, ten spyte ‘n sterker wisselkoers. Kompetisie tussen kopers was goed en amper 100% van 90,249 kg wat aangebied was, is verkoop.
Die efense daling in kleinbokkiehaar kan meestal toegeskryf word aan die aanbieding wat hoofsaaklik korter en sterker was.
Die mark het met 24% gestyg vanaf die openings veiling van die winter verkoopseisoen.
Die gemiddelde prys van winter kleinbokkiehaar het met 3,1% gedaal na R295,50/kg, jongbokhaar was basies onveranderd teen R260,61/kg. Fyn grootbokhaar was ook onveranderd op R248,59/kg en sterk grootbokhaar was 1,3% duurder op R234,30/kg.
Bron: BKB