Categories: NuusPublished On: 15th August 2019

Bokhaarmarkverslag

By 1 min read
120 words
bokhaar

bokhaar

Die 2019 winterseisoen het afgeskop in Port Elizabeth met ‘n aanbieding van 76 908 kg. Die eerste veiling van ‘n seisoen is altyd gemeng en moeilik om the kwoteer.

Die gemiddelde markaanwyser het in vergelyking met die ooreenstemmende veiling van die vorige seisoen, 12,5% goedkoper gesluit op R247,42/kg.

Prysvlakke in vergelyking met die ooreenstemmende veiling van 2018 is soos volg:

Die gemiddelde markaanwyser van kleinbokkiehaar het 15,0% duurder verkoop teen R413,46/kg terwyl die gemiddelde markaanwyser van jongbokhaar met 4,8% teruggesak het tot R296,80/kg. Gemiddelde pryse van fyn grootbokhaar het 15,0% goedkoper verhandel teen R246,43/kg. Aangesien die meeste sterk grootbokhaar “nie verkoop” verklaar is deur die makelaars, kan die nie gekwoteer word nie.

Die volgende veiling van die 2019 winter verkoopseisoen sal 3 September 2019 plaasvind.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0