Categories: NuusPublished On: 28th June 2018

Bokhaarmark sluit op ‘n hoё noot

By 1 min read
123 words
bokhaar

Angora+Goat

Die bokhaarmark het in verkopersguns gesluit op die laaste veiling van die 2018 somer verkoopseisoen. Bokhaarpryse is opwaarts gedryf deur die swakker Rand tesame met gesonde kompetisie van al die kopershuise vir die top gehalte skeersels wat aangebied was.

Die Rand het met 7,9% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak verhandel en teen R13,58.

Die gemiddelde markaanwyser het met 4,0% gestyg en op R291,74/kg gesluit. Die gemiddelde pryse van kleinbokhaar het met 4,5% gestyg en het teen R429,68/kg verhandel. Gemiddelde pryse van jongbokhaar het 4,1% duurder gesluit op R329,41/kg. Gemiddelde pryse van fyn grootbokhaar het 4,5% duurder gesluit op R300,68/kg en gemiddelde pryse van sterk grootbokhaar het 5,6% hoër gesluit op R290,54/kg.

Die volgende veiling van die 2018 somer verkoopseisoen sal op 14 Augustus 2018 plaasvind.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0