Categories: NewsPublished On: 8th December 2016

Bokhaarmark sluit ligter met finale veiling

By 1 min read
103 words
wol

wol

Op die laaste veiling van die winterverkoopseisoen het bokhaarpryse in kopersguns gesluit as gevolg van die sterker rand en beperkte kompetisie in die veilingslokaal. Die rand het met 2,9% teenoor die Amerikaanse Dollar versterk en teen R13,63 verhandel.

Die gemiddelde markaanwyser het met 1,8% teruggesak en op R185,00/kg gesluit. Die enigste ligpunt was die sterk grootbokhaar wat 2,0% duurder op R173,17/kg gesluit het terwyl fyn grootbokhaar 3,4% goedkoper op R198,51/kg geëindig het. Pryse van jongbokhaar het met 2,0% gedaal tot R221,11/kg en pryse van kleinbokkiehaar het met 2,6% teruggesak tot R227,83/kg.

Die eerste veiling van die 2017 verkoopseisoen sal op 14 Februarie 2017 plaasvind.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0