Bokhaarmark eindig in koperguns

bkb-logo
Bokhaarpryse op die 5 de veiling van die winterverkoopseisoen het goed presteer alhoewel die verhandeling onder moeilike toestande plaasgevind het.
Die rand het met 5,4% teenoor die Amerikaanse Dollar versterk en teen R13,51 verhandel. Die geldeenheid het vroegoggend tussen R13,80 en R13,73 teenoor die dollar verhandel en toe skerp tot R13,60 verstewig. Dit het ‘n negatiewe uitwerking op die plaaslike pryse.
Die gemiddelde markaanwyser het met 2,4% teruggesak en op R188,93/kg gesluit. Kleinbokkiehaar het 2,4% laer verhandel teen R285,57/kg terwyl jongbokhaar 3,5% laer op R238,49/kg gesluit het. Fyn grootbokhaar het 2,4% laer op R202,62/kg gesluit en sterk grootbokhaar het met 2,2% gedaal tot R171,27/kg.
Die volgende veiling sal op 22 November 2016 plaasvind.
Bron: BKB