Categories: NuusPublished On: 6th December 2018

Bokhaarmark daal

By 1 min read
147 words

Angora+Goat

Pryse van sybokhaar het onder druk gekom op die laaste veiling van die winterverkoopseisoen 2018. Die gemiddelde markaanwyer het 4,0% goedkoper gesluit op R278,97/kg.

Die sterker Rand het handelsomstandighede bemoeilik wat kompetisie in die lokaal belemmer het. Die Rand het 3,3% sterker teen die Amerikaanse Dollar verhandel op R13,61 en 3,5% sterker teen die Euro op R15,51. Die samestelling van die aanbieding, was nie so goed soos die vorige veiling nie, alhoewel die beter gehalte individuele skeersels beter mededinging van die kopers ontlok het.

Die gemiddelde markaanwyser van kleinbokkiehaar het met 1,8% gedaal om op R409,41/kg te sluit. Die gemiddelde markaanwyser van jongbokhaar het 3,3% goedkoper gesluit op R318,15/kg. Die gemiddelde aanwyser van fyn grootbokhaar het met 5,3% gedaal om op R286,06/kg te sluit, terwyl die gemiddelde aanwyser van sterk grootbokhaar 3,7% goedkoper op R275,80/kg gesluit het.

Die volgende veiling van die 2018 winter verkoopseisoen sal op 12 Februarie 2019 plaasvind.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0