Categories: NewsPublished On: 23rd November 2016

Bokhaarmark aan kopersguns

By 1 min read
129 words
wol

wol

Op die voorlaaste veiling van die winterverkoopseisoen het ‘n groter as normale aanbieding ietwat van ‘n demper op die verloop van die veiling geplaas. Groot volumes bokhaar was onverkoop verklaar wat gelei het tot ‘n 58% verkoopspersentasie in die veilingslokaal.

Die rand het teen 3,9% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak en teen R14,04 verhandel. Die gemiddelde markaanwyser het onveranderd op R188,44/kg gesluit. Dit weerspieël egter nie die uitwerking van die onverkoopte bokhaar nie. Die pryse van sterk grootbokhaar was onveranderd op R169,85/kg terwyl die pryse van fyn grootbokhaar met 1,4% verbeter het tot R205,52/kg. Pryse van jongbokhaar was veral onder druk en het met 5,4% teruggesak tot R225,69/kg terwyl kleinbokkiehaar onveranderd op R285,28/kg gesluit het.

Die laaste veiling van die 2016 winterverkoopseisoen sal op 6 Desember 2016 plaasvind.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0