Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 25th February 2025

Boere reken reeds 14 jaar op Budget Part Africa vir gehalte onderdele en goeie diens

By 2 min read
468 words

WhatsApp Image 2025-02-24 at 14.32.48

‘n Goeie dag vir boere het aangebreek toe Uli Pelser in 2010 besluit het om sy eie onderneming te stig nadat hy jare lank in die onderdelebedryf vir kommersiële voertuie was.

“Ek het op ‘n punt gekom waar ek gevoel het dat ek ‘n beter diens teen ‘n beter prys aan my klante kon lewer as ek self in beheer van die saak is,” verduidelik Uli. In 2011 het Budget Part sy eerste lig gesien. Met die uitbreiding buite Suid-Afrika se grense is besluit om die saak se naam te verander na Budget Part Africa.

“Die eerste paar jaar was maar moeilik, soos met enige onderneming. Ek het ‘n Ford Bantam-bakkie met 16 000 kilometer op gekoop en alles self gedoen. Vanjaar het ons besluit dat dit tyd is om die bakkie ook te laat aftree, amper 600 000 kilometer later.”

Budget Part Africa is trots op die feit dat hulle deursigtigheid met betrekking tot pryse van onderdele aan hulle klante bied. Hulle bied ‘n omvattende diens om onderdele aan te skaf, in te voer, en af te lewer by hulle klante. “Daar is soms onderdele wat moeilik is om in Suid-Afrika te kry omdat die groot maatskappye dit nie die moeite werd ag om dit in te voer nie. Ons spesialiseer daarin om daardie moeilike onderdele te kry en dit teen ‘n bekostigbare prys aan ons klante te verskaf.”

Budget Part Africa lewer ‘n diens aan maatskappye in die kommersiële vervoerbedryf soos vragmotors en busse. Hulle verskaf ook onderdele aan maatskappye met grondverskuiwingstoerusting en natuurlik ook aan die landboubedryf.

“Baie boere het agtergekom dat ons vir hulle goeie diens lewer met onderdele vir hulle vragmotors, en het begin navraag doen oor die onderdele vir hulle trekkers en ander landboutoerusting. Dit was net die natuurlike volgende stap om die onderneming na die landboubedryf uit te brei,” vertel Uli.

Wanneer ‘n spesifieke onderdeel nie beskikbaar is nie of te duur sal wees om in te voer, kan Budget Part Africa ook daardie onderdeel laat vervaardig. “Ons werk nou saam met ingenieurs en vervaardigers wat vir ons skaars onderdele kan maak om steeds die beste diens aan ons klante te lewer.

Budget Part Africa lewer nie net uitstekende diens regoor Suid-Afrika nie, maar brei ook uit om ander lande in Suider-Afrika te dek.

“Ons resep werk. Ons klante wil goeie gehalte onderdele teen ‘n redelike prys en so gou as moontlik hê. Ons fokus op prysdeursigtigheid en klantediens het ons in staat gestel om oor die afgelope 14 jaar so te groei dat ons nou al vier mense in ons personeelspan kon aanstel,” sê Uli.

Vir meer inligting oor hoe Budget Part Africa jou wiele aan die rol kan hou, kontak vir Uli Pelser by (+27)79-436-2203 of by (+27)12-543-3878, of stuur ‘n e-pos na sales@budgetpart.co.za of admin@budgetpart.co.za.

2

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

2