Categories: Stock and game farmingPublished On: 29th September 2014

Boer slim met vee!

By 2 min read
323 words

Lekker vet beeste vir die somer, parasietbeheer, siektevoorkoming en -bestuur en hoe KI en embriospoeling presies werk, is ‘n paar van die temas wat op Vrydag 3 Oktober by Landboukorrels Boeredag se lesingdag naby Cullinan bespreek en gedemonstreer word. 

Die geleentheid word deur TLU SA se Sentraalstreek in samewerking met ProAgri en Radio Pretoria as mediaborg aangebied. 

Maplotters, kleiner boere en groter kommersiële boere sal kan baat vind by die praatjies wat deur kundiges soos dr Hinner Köster, dr Dave Midgley en dr Duncan Prinsloo aangebied word. Kom kyk ook hoe embriospoeling gedoen word en hoe vriesbrand werk. 

Dit kos net R200 per persoon, wat ‘n middagete en ‘n geskenksakkie insluit. Besprekings is noodsaaklik omdat die aantal sitplekke beperk is. Bespreek by Lynette by 012-804-8031 of stuur ‘n e-pos na sentraal@tlu.co.za. 

Die lesingdag word Saterdag opgevolg met ‘n heerlike gesinsdag met vermaak soos ossewaritte, uitstallings met nuttige produkte vir die dorpswerf en plaas; asook kosstalletjies. 

Kom kyk en luister hoe jy jou eie hidroponiese groenteverbouing kan doen, hoe om kruie te vestig en te gebruik, pasmaats (companion planting) in die groentetuin en die gebruik van Effektiewe Mikro-organismes, hoe jy met een masjien in die kombuis kan maal, sny, meng, stoom en kook en vir die dapper boere wat graag melkkalwers wil grootmaak, kom deel Job Legemaat sy kennis. Jong ondernemers wys hulle slag, onder meer met ‘n modevertoning van tweedehandse klere. Dit is ook die afskop van die Goliat van Gat-pampoenkweekwedstryd. 

BKB bied ‘n Ile de France-produksieveiling aan en daar sal statiese uitstallings van verskillende veerasse wees. 

Toegang Saterdag is gratis! 

Landboukorrels Boeredag:

Vrydag 3 Oktober: Boer slim met vee!

Koste: R200, registrasie noodsaaklik.

sentraal@tlu.co.za

Lynette: 012-804-8031

 

Saterdag 4 Oktober: Gesinsdag met interessante praatjies

Toegang: Gratis!

Van 9:00 tot 15:00

Cullinan Boere-unieterrein 

GPS: S25°39.841  E28°33.671

Vanaf N4 neem die Rayton-/Cullinan-afrit en volg aanwysings na Cullinan, neem R513 na Bronkhorstspruit, terrein na 3 km op linkerkant. Kyk uit vir die Boeredag-aanwysingsborde.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0